Saad gedagte vir vandag: DIE SIMBOLIEK VAN BLOMME “For since - TopicsExpress



          

Saad gedagte vir vandag: DIE SIMBOLIEK VAN BLOMME “For since the creation of the world God’s invisible qualities – His Eternal Power and Divine Nature – have been clearly seen, being understood from what has been made, so that men are without excuse.” Rom. 1:20 – NIV. Blomme in die Bybel is simbolies van lewe, vrugbaarheid, saad, vrug, verganklikheid, woorde, geur en die tanende heerlikheid van die mens en die toenemende Heerlikheid van God (a). Onthou – hierdie artikel is ‘n Woordstudie. Bestudeer die Skrifte met ‘n oop en eerlike gemoed en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante Woord van God. Wat kenmerk byvoorbeeld blomme? ‘n Kortstondige leeftyd! Party blomme eindig in ‘n vrug met ‘n saad of sade daarin. Ander het net saad tot gevolg. Ons noem net enkele voorbeelde. Daar is ‘n magdom biologiese feite oor blomme wat nie vir hierdie studie ter sake is nie. WOORDKRAG. “Blom” in Hebreeus is “perach” wat blomkelk, kelkvormig, bekervormig of kelkblommig beteken. “Perach” het in die Bybel ‘n letterlike asook figuurlike betekenis. “Perach” se wortelwoord is “pârach” wat “to break forth as a bud” beteken. “Pârach” beteken ook om te versprei of met vlerke te vlieg. Dink aan sade wat lyk asof hulle vlerke het waarmee hulle sweef. Figuurlik beteken “pârach” om te bloei, gedy, floreer, welig groei. “Pârach” se essensie is die uitbarsting van lewe in blommeprag – dus LEWE! Die woord vir blomme in Grieks is “anthos” wat ook bloeisels beteken. Bloeisels dui op vrug!
Posted on: Tue, 02 Jul 2013 10:51:45 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015