Seeninge van Jesus se OPSTANDING !!!!! Romeine 8 God is vir - TopicsExpress



          

Seeninge van Jesus se OPSTANDING !!!!! Romeine 8 God is vir ons, God het aan ons kant, aan die kant van mense kom staan. God het besluit om die God van mense te wees, om vir mense te wees, om by mense te wees. God is ons goed gesind. En dan volg Paulus dit op met nog n vraag? Wie kan teen ons wees? In die lig van wat God in Jesus vir ons gedoen het? Wie kan teen ons wees. Dit het n praktiese implikasie: Sal Hy nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? Hy sal al die ander dinge skenk uit genade. Wat is al die ander dinge? Alles is nie enigiets nie, maar alles rakende die verlossing, die volle erfenis wat Jesus vir ons bewerk het. Efes 1:3 Hy het ons in Christus geseen met al die seeninge van die Gees wat daar in die hemel is. Die diepste vraag: Romeine vers 35 Wie kan ons skei van die liefde van Christus? Lyding, benoudheid, vervolging, honger, naaktheid, gevaar, swaard. Paulus noem die realiteite op van dit wat hy in sy lewe ervaar het. En dis op hierdie punt dat dit vir ons moeilik raak om Paulus se redenasie te bly volg. Want sien ons ken ook ons wereld, ons eie gebroke wereld. Pyn, die seer, die verwarring, die twyfel vasgelopte huwelik, die gebroke gesin, die skielike siekte wat ons oorval en ons alleen laat en die gestrooptheid van wanneer ons ons werk verloor, die uitsigloosheid en angs wanneer jy jou finansiele sekuriteit verloor. Paulus, dan kom ons tot n ander konklusie as wat jy kom: God is teen ons! dit sou vir ons verstaanbaar gewees het indien Paulus n klaaglied sou sing veral as ons sy omstandighede verstaan. Lees iets oor Paulus se omstandighede hier - 2Kor 11:23-27 Maar nou skryf Paulus n oorwinningslied: hy sing van die liefde van God te midde van sy omstandighede, te midde van sy gebroke wereld! Hoe kry Paulus dit reg en hoekom sukkel ons so? OMDAT PAULUS se : Sy vertrekpunt, sy oreintasiepunt, sy uitgangspunt, sy bril waarmee hy na die werklikheid kyk word bepaal deur die kruis en opstanding van Jesus Christus. Die kruis en opstanding van Jesus is die manier waarop Paulus na God kyk, vir God leer ken het. God is n misterie, ons kan Hom nie begryp, MAAR ons kan God net AANGRYP.
Posted on: Fri, 13 Sep 2013 21:34:15 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015