Sommige Afrikanergroepe aan die regse kant, maar veral aan die - TopicsExpress



          

Sommige Afrikanergroepe aan die regse kant, maar veral aan die ultraregse kant van die politieke spektrum, veroorsaak ernstige struikelblokke vir alle vryheidstrewende Afrikaners. Die internasionale gemeenskap, sonder wie se ondersteuning Afrikaners nooit onafhanklikheid in ‘n Afrikanerbeheerde staat sal kan geniet nie, beskou enige optrede wat gebaseer is op grond van ras as ‘n teruggryping na apartheid. Apartheid is lankal deur die internasionale gemeenskap en by name die VN tot ‘n misdaad teen die mensdom verklaar. Dit word beskou as een van die ernstigste vorms van menseregteskendings. OASE is onlangs deur sommige Afrikaners kwalik geneem toe ons bestuur aangekondig het dat ons nie aan Sunette Bridges se protesoptog, Red October, op 10 Oktober in Pretoria gaan deelneem nie. Ons redes hiervoor is spesifiek omdat die Red October-inisiatief gebaseer is op ras deurdat daar na die “wit” etniese minderheid verwys word. Wit dui op mense se velkleur, terwyl etnies dui op mense se kultuur en waardestelsel. Laasgenoemde het niks met mense se ras of velkleur te make nie. Daar bestaan ook nie iets soos ‘n “wit etniese minderheid” nie, want die twee terme (ras en etnisiteit) is nie versoenbaar nie. Sommige van die organisasies wat wel die Red October-inisiatief steun se web- en facebookblaaie wemel van rassistiese kommentare. Dit veroorsaak dat die inisiatief van Sunette Bridges, wat dalk aanvanklik goed bedoel was, deur die internasionale gemeenskap en veral die plaaslike en buitelandse media as suiwer rassisme afgemaak sal word. OASE se bestuur het Sunette Bridges vooraf hierteen gewaarsku, maar sy het duidelik geswig voor ander groepe wat daarin slaag om Afrikaners se beeld plaaslik en in die buiteland net verder te benadeel. Gelukkig het hoofstroom-Afrikaners, wat by verre in die meerderheid is, lankal afstand geneem van apartheid en gaan dit vir hulle oor die behoud van Afrikaners as etniese minderheid, en nie omdat die meeste Afrikaners toevallig wit is nie. Dit is die agtergrond waarteen OASE verkies om vryheid vir Afrikaners na te streef en waarom ons as drukgroep nie met Afrikanergroepe wil assosieer wat ons vryheidstrewe net verder bemoeilik as wat reeds die geval is nie. Vir OASE is apartheid “ancient history” en ons bestuur stel nie daarin belang om hierdie beeld van Afrikaners die wêreld in te stuur nie: dailymaverick.co.za/opinionista/2013-10-07-red-october/#.UlOj-fwaLIW
Posted on: Tue, 08 Oct 2013 06:41:33 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015