Steeds teenaangewend met korrupsie Die korrupsievlakmeting op - TopicsExpress



          

Steeds teenaangewend met korrupsie Die korrupsievlakmeting op die Corruption Perception Index (CPI) word gemeet op ‘n puntebasis van tussen 0 tot 100, met 100 as die minste korrup. Suid-Afrika kan maar net nie by 50 uitkom nie. Die nuutste verslag van CPI, waarin die verskillende lande vir 2013 gemeet is, toon dat Suid-Afrika 42 punte behaal het; verlede jaar was die land op 43 punte. Al die pogings en voornemens om korrupsie in die land vas te vat het dus eerder verswak as verbeter. Suid-Afrika beklee tans posisie nommer 72 uit 177 in die wêreld en is in die geselskap van lande soos Serwië, Bulgarye, Senegal en Tunisië. Ander lande wat in daardie omgewing beweeg is China en Griekeland beide in die 80-ste plek met 40 punte elk, Swaziland (82ste met 39 punte en Indië (94ste met 36 punte). Die lande wat die minste korrup is, is Denemarke en New Zeeland, beide op 91 punte. Ander lande wat redelik gevaar het is Duitsland in die 12-de plek (78 punte) en die VSA in die 19-de plek met 73 punte.
Posted on: Wed, 04 Dec 2013 06:28:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015