Tehielliem / Psalms 27:1 ’n Psalm van Dawied. Yahweh is my lig - TopicsExpress



          

Tehielliem / Psalms 27:1 ’n Psalm van Dawied. Yahweh is my lig en my verlossing: vir wie sou ek vrees? Yahweh is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees? 2 As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet – my teëstanders en my vyande, ja, myne – struikel hulle self en val. 3 Al word ’n kamp teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ’n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek. 4 Een ding het ek van Yahweh begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van Yahweh, om die lieflikheid van Yahweh te aanskou en te ondersoek in sy tempel. 5 Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van rampspoed; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ’n rots. 6 En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van Yahweh. 7 Hoor, o Yahweh, ek roep luid; en bewys guns aan my en antwoord my. 8 Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o Yahweh! 9 Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o Elohiem van my verlossing! 10 Want my vader en my moeder het my verlaat, maar Yahweh sal my aanneem. 11 Yahweh, leer my u weg en lei my op ’n gelyk pad, vanweë my vyande. 12 Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas. 13 o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van Yahweh sal sien in die land van die lewendes nie.... 14 Wag op Yahweh! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op Yahweh!
Posted on: Fri, 23 Aug 2013 05:36:50 +0000

Trending Topics



Im offering a free workshop - Balancing Lifes Changes: Feminine
While scheduling an appt to get my cars worked on this Wednesday,
For sale or trade 1978 Chevy Camaro. $4400.00 decent condition,
NBA Michael Jordan iPhone 4/4S Case Combo Two Pack Deals are
REACHING THE WORLD OUTREACH MINISTRY - Extend their hand in love
Americans, all of us, have got to understand that racism is very

Recently Viewed Topics




© 2015