Tersia: Chicken Soup for a Sunday: Die mooiste glimlag verberg - TopicsExpress



          

Tersia: Chicken Soup for a Sunday: Die mooiste glimlag verberg die grootste hartseer; Die sagmoedigste mense is al die ergste verneder; Die mooiste oë het al emmers trane gestort; Die warmste harte het al die meeste pyn gevoel; Die stilste mense het die diepste geheime; ... Die wat die gouste oordeel het die meeste geraamtes; Die hardste lag verberg die minste selfvertroue; Die mooiste liefde is nie selfsugtig nie; Die mooiste sprokie is die een in jou drome; Die beste plek om te wees is in iemand se hart; Die gelukkigste mense is die dankbaarste; Die beste dokters is mammas; Die diepste plooie vertel die mooiste stories; Die lekkerste gevoel is om verlief te wees; Die mooiste woorde is "Ek is lief vir jou"; Die beste dinge in die lewe is gratis; Die beste pad is die een waar jy die meeste geleer het; Die edelste mense het die swaarste pad geloop; Die diepste siele het op die hardste manier geleer; Die meeste aanmoediging kom van jou beste vriende; Die waardevolste lesse word geleer deur ons grootste seer; Die wonderlikste geskenk is die geskenk van Lewe; Die onmoontlikste dinge is moontlik as ons glo; DIE GROOTSTE WAARBORG KRY ONS IN DIE WOORD VAN GOD!
Posted on: Sun, 28 Jul 2013 19:03:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015