Time to find out if you are planning anything for this - TopicsExpress



          

Time to find out if you are planning anything for this event: Pienk Bome vir Pauline Ons staan bank vas agter hierdie projek en gaan ons beste doen om Albertina Pink te maak! Pienk Bome vir Pauline. Geskryf deur Marliza vd Berg Op 18 Oktober gaan die boomstamme in meer as 50 dorpe dwarsoor Suid Afrika in meters pienk materiaal toegedraai word om mense bewus te maak van kanker en om fondse in te samel vir mense wat deur die siekte geraak word. Die projek, Pienk Bome vir Pauline, is verlede jaar vir die eerste keer deur Carol-ann van Jaarsveld op die Karoodorp Graaff-Reinet geloods. Carol-ann het beide haar ma en ouma deur kanker verloor. Albei het Pauline geheet. Dit was die eerste projek van sy soort en het geweldig belangstelling in die media en die gemeenskap geniet. Duisende meters pienk materiaal is verkoop, bome op sypaadjies is toegedraai en die boodskap: Oorwin kanker en koester die lewe, is gevier. Terselfdertyd is R210 000 vir kanker ingesamel. Tot R10 000 is vir ‘n meter materiaal op die dorp betaal. Die fondse is aangewend deur Graaff Reinet en Distikte Kankervereniging. Oktober is tradisioneel Borskankermaand, maar Pienk Bome vir Pauline vestig die aandag op kanker in die algemeen. Vanjaar word die inisiatief landswyd uitgebrei en ander dorpe word uitgedaag om deel te neem. Meer as 50 dorpe in Suid Afrika het reeds die uitdaging aanvaar. In Johannesburg het City Parks toestemming verleen om 350 000 bome in pienk lap toe te draai. Die entoesiasme strek ook buite die landsgrense en 4 dorpe in Namibië asook ‘n dorp in Ierland en Kanada is reeds betrokke. Wat die projek uniek maak, is dat dit ‘n prettige en toeganklike manier is waaraan almal kan deelneem en ‘n verskil kan maak. ‘n Blywende indruk word geskep en terselfdertyd word fondse ingesamel. Die aksieplan is om duisende meter pienk material, wat voorsien gaan word in elke dorp, te verkoop teen ‘n minimum van R20 per meter waarmee die bome op die sypaadjies die dag toegedraai word. Die fondse wat ingesamel word, word in die betrokke dorp aangewend vir behoeftes soos die verskaffing van pruike, prosteses en rolstoele, vervoer van kankerpasiente, tuisverpleging, voedingskemas , verblyf tydens behandeling, ens. Adri van Nieuwenhuizen, ‘n borskankeroorwinnaar van George, is die Besturende Direkteur van die projek. Stigter Carol- ann van Jaarsveld, en Dr Pam Kerr, ‘n Opvoedkundige Sielkundige, is mede-direkteure. “Ons doel is om gemeenskappe te verenig met ‘n fondsinsamelingsprojek wat die eerste van sy soort op nasionale en internasionale vlak is.” Dis ‘n nie-winsgewende organisasie en alle dorpe word uitgedaag om aan die pro-aktiewe inisiatief deel te neem om hande uit te steek na mense wat deur die siekte geraak word. Vir meer inligting kontak: Adri van Nieuwenhuizen, Sel: 082 460 6386 , e-pos: [email protected]
Posted on: Tue, 16 Jul 2013 17:15:54 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015