Twee Planete Vir al die geld. Sal ons lewens nooit versmelt. Wil - TopicsExpress



          

Twee Planete Vir al die geld. Sal ons lewens nooit versmelt. Wil ek graag vir jou ‘n oop boek wees. Sit en droom, jy – iets wat nooit kan wees. Wie het jou hart so gebreek? Los jou toe in die steek! Gebreekte harte soms nooit weer heel, Die lewe so ‘n bitter pil! Ek wens ek was om af te vee. Lank al terug se vergete tree. Om by jou elke traan Jou hand in myne, by te staan. Dat ek kon beskerm, kon ken. Daar was om jou hart te wen. Elke koue aand jou vas te hou. In my hart jou saggies toe te vou! Was ons dalk twee planete? In spasie en tyd vergete? Bane vir ewig by mekaar verby? Maak die jare ons dalk vry? Ek van jou weg-skerm die Winter wind. My geliefde, liefste meisiekind! Vergeet die bitter medisyne. My gedagtes – vanaand is jy net myne! Manie Jackson
Posted on: Sat, 24 Aug 2013 12:42:12 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015