VIDEO: Skokkende Gedrag Sies !! Kind slaan onnie met - TopicsExpress



          

VIDEO: Skokkende Gedrag Sies !! Kind slaan onnie met besem youtube/watch?v=tRSlwmusMHg&feature=player_embedded Kind slaan onnie met besem In klas aangeval ’n Senior ondersoekspan van die Gautengse departement van onderwys gaan vanoggend by die Glenvista High School in Johannesburg met ’n ondersoek begin nadat ’n leerling ’n onderwyser onder meer met ’n besem aangeval het. Dit het eergister gebeur toe die onderwyser die gr. 8-leerling blykbaar gevra het om die klas te verlaat weens sy gedrag. Op ’n selfoonvideo wat deur klasmaats gemaak is, kan duidelik gesien word hoe die onderwyser probeer om die seun uit die klas te kry deur met die kind se tas by die deur uit te stap. Die seun sit hom teë en gryp die besem. Terwyl die onderwyser by die deur uitgestamp word, slaan hy die onderwyser met die besem. Die onderwyser probeer die besemhoue keer en stap aan, waarop die seun hom met die besem op die rug slaan. Die onderwyser beheer sy woede en stap aan, waarop die kind hom met klippe gooi en ook sommer die besem agterna gooi. Die leerling se optrede word ten sterkste afgekeur, het Gershwin Chuenyane, woordvoerder van die departement van onderwys, gistermiddag gesê. ’n Ondersoekspan is reeds aangestel om die voorval by die skool te ondersoek. Die onderwyser het berading gekry en die departement het hom gelukgewens met sy optrede en professionaliteit, het Chuenyane gesê.
Posted on: Fri, 20 Sep 2013 10:16:25 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015