Van Genesis tot Openbaring word die belangrikheid van - TopicsExpress



          

Van Genesis tot Openbaring word die belangrikheid van gehoorsaamheid aan God beklemtoon. In Eksodus 20:5-6 sê God: “Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.” InJohannes 14:15 sê Jesus aan sy dissipels: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.” En in Psalm 112:1-2 skryf die Psalmdigter: “Dit gaan goed met iemand wat die Here dien en wat baie lief is om te doen wat die Here sê. Sy nageslag sal belangrike mense wees in die land” (Die Bybel vir Almal-vertaling). Jou gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid aan God het ’n invloed op jou nageslag. Maak dus tyd om saam met God te spandeer. Onthou, al is jy die eerste gelowige in jou familie, kan jy ’n lyn in die sand trek en verseker dat jou nalatenskap vir jou kinders een van seën en nie vloek is nie! Dít is immers die grootste erfporsie wat jy ooit kan nalaat. Sterkte. Vader God, baie dankie vir my familie. Help my om daagliks gehoorsaam te wees aan u Heilige Gees se stem sodat ek naby aan U sal bly. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Posted on: Sat, 22 Jun 2013 07:11:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015