Vinnig en maklik, Eat Sum Mor Fudge vierkante. Hierdie soetgoed - TopicsExpress



          

Vinnig en maklik, Eat Sum Mor Fudge vierkante. Hierdie soetgoed is maklik maar absoluut smaaklik. ‘n Gunsteling in enige huis. Bestanddele •1 x 200 g pakkie Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies •250 ml gesmelte botter •5 ml vanieljegeursel •500 g gesifte versiersuiker •5 ml koffiepoeier •45 ml kakaopoeier •1 geklitste eier •ekstra versiersuiker Lewer ongeveer 36. Metode Breek of sny die Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies in growwe stukke. Voeg die gesmelte botter, vanielje, versiersuiker, koffiepoeier, kakaopoeier en eier by en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde 20 cm-vierkantige bak en maak die bokant gelyk. Verrkoel en sny dan in blokke. Sif die ekstra versiersuiker bo-oor as versiering. NS: Geregte wat botter bevat soos dié fudge, moet liefs in ’n lugdigte houer in die yskas gehou word. :)Charne
Posted on: Sat, 23 Nov 2013 07:28:48 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015