Vir die wat meer besonderhede gevra het: VAn Afriforum se - TopicsExpress



          

Vir die wat meer besonderhede gevra het: VAn Afriforum se webblad: “Steve Hofmeyr, Liza Brönner en ander top Afrikaanse sangers gaan op Saterdag, 2 November van 07:00 tot 13:00 by die Voortrekkermonument in Pretoria hul steun vir die behoud van Pretoria se naam wys. Die musiekfees vind plaas in ’n tyd waar die Tshwane Metroraad opnuut pogings aanwend om Pretoria se naam te verander. AfriForum bied hierdie Afrikaanse musiekfees aan ter viering van Pretoria se 158ste verjaarsdag. Toegang tot die fees is GRATIS en geen besprekings is nodig nie. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit belangrik dat soveel as moontlik mense hul steun vir Pretoria se naam kom toon. “As duisende mense opdaag en Pretoria se naam steun, sal dit ’n duidelike boodskap aan die minister van kuns en kultuur stuur dat Pretorianers nie geneë is met die Metroraad se kulturele vandalisme nie,” het Kriel gesê. Kriel het daarop gewys dat geen toegangsfooie gevra word nie sodat soveel moontlik mense en veral gesinne die geleentheid kry om hul steun vir Pretoria se naam te kom toon. “Van die bekendste kunstenaars gaan vanjaar vroeg optree om te verseker dat die dag deurgaans propvol gesinsvermaak is,” het Kriel gesê. Kriel het die publiek genooi om opvoustoele en hul vriende en familie saam te bring en die dag te kom geniet. Die volgende kunstenaars sal optree: Steve Hofmeyr, Liza Brönner, Adam Tas, Gerrie Pretorius, Pieter Smith, Saarkie, Die Tuindwergies, Jaco Labuschagne, Fredi Nest, Vaughan Gardiner, Ghapi, Beeskraal en Fanie Botha se boereorkes. Albei hekke van die Voortrekkermonument (Eeufeesweg en Smutslaan) sal van 05:00 oop wees om verkeersopeenhopings te voorkom. Eet- en drinkgoed sal op die terrein te koop aangebied word. Geen eie alkohol sal toegelaat word nie. Vir enige navrae skakel AfriForum by 086 10 200 30 of besoek die webwerf by afriforum.co.za
Posted on: Thu, 31 Oct 2013 09:58:50 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015