Vir elke mooi vrou Dis hoe die vrou gebore word Dogtertjies wat - TopicsExpress



          

Vir elke mooi vrou Dis hoe die vrou gebore word Dogtertjies wat eendag groot sal word Sit gedurig vir JOU lipstiek aan Om vir JOU mooi te wees en aangenaam Wil so graag vir JOU mooi lyk Wil so graag hê JY moet vir haar kyk Draai in die rondte met haar nuwe rok so rooi Hoop sy lyk vir JOU saggies en so mooi Hiers ’n haartjie uit sy plek Stryk dit plat en bind dit met ’n rek Blommetjies in haar hare sit Poeier haar neusie se sproete spierwit Elke dogtetjie, elke vrou Wil so graag mooi lyk vir JOU Wens en werk so hard om mooi te wees Met ’n sagmoedige siel en sagte vlees In haar drome draai sy nog so om en om Totdat JY met JOU harde stampe kom Een-twee-drie daar val dit plat Die mooiwees binne het stukkend gespat Vir elke dogtertjievrou wat klappe ken Laat die seer nie jou mooi hart wen Staan op en sit weer lipstiek op Die ware Prins moet nog kom...
Posted on: Wed, 02 Oct 2013 18:59:33 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015