Vrydag 6 September Lees Matteus 18:21-22 Vergifnis in - TopicsExpress



          

Vrydag 6 September Lees Matteus 18:21-22 Vergifnis in gebroke verhoudings Teks: Matteus 18:21-22 21Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer? 22Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.” Vergifnis gaan nie oor telling hou nie. Moenie eers probeer om boek te hou nie omdat vergifnis bedoel is om nie grense te hê nie. Dit is interessant dat die woord “gee” in die middel van die Afrikaanse woord “vergifnis” is. Vergifnis begin wanneer ons ‘n moeilike maar veranderende keuse maak, maar dit eindig nie daar nie… Hierdie eerste keuse moet na vore kom in ‘n lewenstyl van vergifnis. Ja, jy mag jou eks vergewe het, maar hoe sal jy reageer die volgende keer wat hy nalaat om onderhoud te betaal? Of wat van daardie baas wat jy vergewe het… Hoe sal jy die volgende keer wat sy jou verkeerd opvryf, reageer? Die feit is dat daar sekere mense is wat ons eenvoudig nie kan vergewe en vergeet nie — hulle is in jou gesig en ons moet hulle kwetsende optrede, elke keer wanneer dit sy lelike gesig wys, hanteer. Dus, die slegte nuus is dat jy vandag en môre en oormôre sal moet kies om te vergewe — sewentig maal sewe keer. Die goeie nuus is dat jy vry sal wees en dat daardie seer in jou hart gesond sal word en nie langer jou dae sal oorheers en jou nagrus sal versteur nie. Wie is daardie mens wat jou so gereeld seermaak? Kies om hom/haar ten volle en vryelik te vergewe, maar wy jouself terselfdertyd toe aan ‘n lewenstyl van vergifnis. Gebed: Jesus, U het die Vader gevra om selfs dié wat U aan die kruis vasgespyker het, te vergewe. Neem die gif en woede van bitterheid uit my hart en gee my u hart van vergifnis. Gee my die genade om die moeilike keuse te maak om te vergewe en die volharding om deur te druk en ‘n lewenstyl van vergifnis te lewe. Amen!
Posted on: Fri, 06 Sep 2013 16:44:01 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015