Vyfbestanddele-brandrissie Huisgenoot Genoeg vir 6 - TopicsExpress



          

Vyfbestanddele-brandrissie Huisgenoot Genoeg vir 6 mense Bereiding: 5 minute Gaarmaaktyd: 30 minute 500 g biefmaalvleis 15 ml (1 e) brandrissiepoeier 400 g (1 blik) borlotti-bone, gedreineer 60 ml (¼ k) water 410 g (1 blik) tamatie-en-uiemengsel 1. Kook die maalvleis en brandrissiepoeier in ’n kastrol oor matige hitte tot die maalvleis verbruin is terwyl jy roer om die vleis te krummel. 2. Voeg die bone, water en tamatiemengsel by en laat prut 20 minute. 3. Skep die brandrissie in bakke en sit warm voor. Bedek met cheddarkaas en gekapte sprietuie. Elmarie
Posted on: Tue, 23 Jul 2013 07:29:15 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015