WEES WAARDIG OM DIE DINGE WAT KOM TE ONTVLUG. Die Here Jesus het - TopicsExpress



          

WEES WAARDIG OM DIE DINGE WAT KOM TE ONTVLUG. Die Here Jesus het beloof dat Hy sal terugkom om sy bruid te kom haal en na haar hemelse tuiste te neem. Voor sy hemelvaart het Hy gesê: “Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh. 14:2-3). Hierdie woning in die hemel is só wonderskoon dat dit nie in menslike woorde beskryf kan word nie. Die Bybel sê: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet” (1 Kor. 2:9). Die nuwe Jerusalem het pêrelpoorte, strate van deurskynende goud, en ‘n muur rondom wat van die kosbaarste edelgesteentes gebou is. Om na só ‘n plek weggevoer te word, is ‘n blye vooruitsig! Die verlangende bruid wil met die hemelse Bruidegom verenig word, daarom is die belofte van Christus se koms ‘n boodskap van bemoediging. Mense wat nie in die wegraping glo nie, moet vir hulleself uitmaak hoe anders as net deur die wegraping alleen hulle van die aarde af weggevoer kan word om die Here Jesus in die lug te ontmoet. “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde” (1 Thess. 4:16-18). Die hemelse Bruidegom kom by hierdie geleentheid nie in die openbaar sodat elke ook Hom sal sien nie, maar soos ‘n dief in die nag net om sy bruid te kom haal. Sonder die Bybel se profetiese perspektief op die eindtyd sal ons in die duisternis van onkunde rondtas en nie ons prioriteite reg bepaal nie. Terwyl ons die naderende voetstappe van die Here Jesus kan hoor, moet ons baie seker maak dat ons inderdaad aan Hom behoort, anders sal Hy by ons verbygaan wanneer Hy sy kinders kom haal. As ons harte egter deur die wedergeboorte verander en deur die vervulling met die Heilige Gees brandend vir die Here is, sal ons waardig wees om die hemelse Bruidegom te ontmoet wanneer Hy in die middernaguur van die kerkbedeling kom om ons te kom haal. Die Christendom sal geestelik verarm word as hierdie belofte, en al die verantwoordelikhede wat dit meebring, nie duidelik verkondig word nie. Voorwaar is die wêreld besig om die middernaguur te nader. Soos in die dae van Noag is die boosheid van die mens op aarde groot en die versinsels wat hy in sy hart bedink, besig om al hoe slegter te word. Verseker is God se oordele aan die kom vir die wêreld maar vir kind van God het Jesus die vertroosting gegee dat hulle dit wat kom kan ontvlug. “Waak dan, en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.” (Lukas 21:36) “Ontvlug” beteken om buite die rampgebied te bly – nie om behoue déúr dit te gaan soos die Nuwe Vertaling sê nie! Die groot verdrukking is God se oordele oor ‘n Christus-verwerpende wêreld. Die ware gelowiges is glad nie hiervoor bestem nie (Joh. 5:24; 1 Thess. 5:9). Die wegraping is ‘n ontvlugting uit oordele wat kom. Die komende oordele van die groot verdrukking is ‘n vaste Bybelse feit wat letterlik in vervulling sal gaan. Net so letterlik sal daar ‘n ontvlugting vir die kinders van God wees. Ons moet dié belofte aanvaar en hiervoor gereed wees. “Waak dan, en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug.” AMEN
Posted on: Thu, 22 Aug 2013 09:08:53 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015