deur Gustav Venter Die probleem met blanke Suid-Afrikaners – - TopicsExpress



          

deur Gustav Venter Die probleem met blanke Suid-Afrikaners – kode vir Afrikaners – is dat hulle veralgemeen, verduidelik “politieke ontleder” en dosent, dr. Piet Croucamp, en hy sê dit sonder dat die lagwekkende ironie op enige waarneembare manier by hom registreer, en daar het ons dit, die woord, verkry vanuit die hoogte, per bromponie afgelewer, uitgedink onder ‘n kopdoek van die soort wat gewild is onder fiktiewe seerowers en kombuisbediendes. Daar is nie ruimte vir ironie in sy uitsprake nie, nie soos hy dit sien nie, want, en hier’s die ding: Piet Croucamp is ‘n liberalis en liberaliste is ernstige mense, deurdronge soos hulle is met verontwaardiging en die vaste sekerheid oor wat ander mense moet doen. ‘n Liberale “politieke ontleder” is te verhewe om self aan politieke prosesse deel te neem – dit is vir die prole. Die goeie doktor is daar om kommentaar te lewer, baie soos ‘n bioloog wat opmerkings maak oor bakterieë wat hy deur ‘n mikroskoop dophou. Piet Croucamp het baie raad vir die bakterieë. Hulle moet ‘n afkeer hê van segregasie, byvoorbeeld, maar daar is nie ‘n “ons” in sy “renons” nie, daarom gaan sy seun nie skool in Diepkloof nie, maar by Laerskool Louw Geldenhuys. So, as onse Piet eers begin veralgemeen oor blankes wat veralgemeen kan hy in die algemeen nie ophou om te veralgemeen nie. Die algemene Afrikaner is in die algemeen te bang vir algemene dinge, beduie hy volgens ‘n berig in Beeld, aan ‘n AHI kongres. Self, lei ons af, is die kopdoekridder nie bang vir “Zuma en Malema, wat ná Mandela se dood gaan gebeur, die instroming van onwettige immigrante, nasionalisering en regstellende aksie” nie. Wat is daar nou te vrese aan die finale aftakeling van die ekonomie, swart-teen-swartburgeroorlog, swart-teen-witburgeroorlog, hongersnood en volksmoord? Mense wat teëstribbel om in hulle beddens vermoor te word, is gewoonweg kortsigtig. Hulle sien eenmaal nou maar net nie die “groot prentjie” nie. Wat is hierdie “groot prentjie?” vra jy die liberalis. Hy weet nie, maar die groot prentjie is gewis belangrik en liberaliste het besitsreg daaroor. Een ding waarvan hulle ewe seker is, is dat blanke mense verkeerd is. Waaroor? Dit maak nie saak nie. Hulle is net verkeerd. En hoekom is hulle verkeerd? Want hulle is blank. Maklik. Swart mense is “in die algemeen gematig en het gewone middelklasbehoeftes. Hulle ontwikkel weerstand teen swak landbestuur. Aktivisme verloor momentum.” Natuurlik, Dok, en dis hoekom tweederdes van hulle volgende jaar weer vir die ANC gaan stem, al daardie goeie gematigde swart middelklasmense. “Die regse element onder wittes is waarskynlik groter as die linkse element onder swartes,” postuleer hy sonder om te blik of te bloos. Hy weet dit is só want hy het op sy eie al die blanke regses en al die swart linkses gaan tel en afgetrek en gemaal en gedeel. Of hy sou moes, as hy nie ‘n liberalis was nie, maar nou is hy een so hy mag veralgemeen. Niemand verwag in elk geval dat die liberalis hom aan waarheid en werklikheid sal steur nie. Daar is darem wel uitsprake wat hy op statistiek baseer, soos byvoorbeeld dat ‘n vrou se kans statisties groter is om deur haar man vermoor te word as deur ‘n swart mens. Jip. Dis wat die doktor sê, en as die doktor so sê, hoe kan dit anders wees? So, kou weer aan hierdie brokkie: Meer vroue, blank en swart, word deur hulle blanke mans vermoor as wat in die – errr – algemeen deur swart mense vermoor word. Tyd het net nie toegelaat dat Croucamp vir die gehoor kon wys waar hy dié statistiek raakgeloop het nie. Boonop het ‘n blanke vrou die gerusstelling om te weet wanneer sy wel deur ‘n swart man vermoor word, dat dit darem nie deur haar man is nie. Regstellende aksie, sê hy, en hy kan praat want hy is mos ‘n liberalis wat nie sy pos deur regstellende aksie verloor het nie, “berokken wit mense ook min skade”. Net 5,7% van hulle is werkloos (en dis vir die doeleindes van die gesprek onnodig om te noem dat honderdduisende van dié wat nie werkloos is nie in Australië, Nieu-Seeland, Kanada, die Midde-Ooste en Brittanje werk. Heeltemal onnodig.) Croucamp voel ook nie gelei om te meld dat die werklike roes van regstellende aksie te sien is in slaggate, riool in die strate, grootskaalse vermorsing, ineenstorting van gesondheidsdienste en onderwys en veiligheidsmagte en staatsinstellings en die mynbedryf en landbou en die omgewing en… wel, eintlik alles nie. Maar bekommer julle nie, kleingelowiges, is sy oproep. Al wat moet gebeur, is dat “wit grond”, (natuurlik nie syne nie, want hy is ‘n liberalis) oorgedra moet word na swart mense en húlle sal dan in een helder oomblik ontkiem in woekerende, wakker, winsspuwende entrepreneurs en – siemsallabiem! – die ekonomie is gered en daar is oor die algemeen vrede in die algemene Republiek van Paradyszanië. “Moenie vir die regering wag om dinge te laat gebeur nie,” sê hy. “Maak byvoorbeeld self voorsiening vir jou kind se onderwys.” Soos vermoedelik om hulle Laerskool Louw Geldenhuys toe te stuur. “Tegnologie,” gaan hy voort, “gaan die verskil maak tussen arm en ryk.” En natuurlik, as daar ‘n verskil tussen arm en ryk is, weet ons, moet blankes vir swart mense geld gee. Hy reken “ons land het tegniese mense met sakevaardighede nodig”. Dis nou mense heeltemal anders as kopdoekdraende “politieke ontleders”. Nou is dit ook so dat ons sulke “tegniese mense met sakevaardighede” het. Weens regstellende aksie werk hulle in Auckland, Sydney en Londen. Volgens Croucamp, berig Beeld, is die “kleinsakesektor die antwoord om werkloosheid te bekamp”. En hiér het hy gerusstellende nuus: “Die staat besef nou dat mense wat die ekonomie kan bevorder, in staat gestel moet word om meer werk te skep.” Ja, wel, nou, kyk, as die ANC so besluit sal dit mos so wees. Waarvoor is die algemene blanke dan so in die algemeen bekommerd? Maar miskien is Croucamp tóg reg. Miskien kan daar iets goeds selfs uit regstellende aksie kom. Laat UJ gerus ‘n swarte as “politieke ontleder” en dosent aanstel – met of sonder ‘n jaarlikse kopdoektoelaag. Die vet weet, hy kan nie swakker wees as die huidige aanstelling nie – oor die algemeen. - See more at: praag.co.za/?p=15451#sthash.fwDxMFdG.dpuf
Posted on: Sun, 28 Jul 2013 07:01:33 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015