het n interessante, indien nie ietwat onplesierige ervaring vandag - TopicsExpress



          

het n interessante, indien nie ietwat onplesierige ervaring vandag op die vlug beleef. toe ek by my sitplek aankom was dit reeds deur n man beset (iets wat volgens my ervaring n toenemende tendens op sa vlugte is). hy was n buitengewoon breë man. ek het hom gevra om my my sitplek te gun en hy het na sy aangewese sitplek, reg langs my te skuif. toe ek my sitplek inneem, was dit al spoedig duidelik dat hy hoegenaamd nie slegs op sy eie ruimte kan pas nie en dat hy noodgedwonge n nie onbeduidende gedeelte van my ruimte moes beslaan (wat n ongelukkige toedrag van sake was aangesien hy nie vir n gedeelte van my kaartjie betaal het nie). dit het my gedwing om in n ongemaklike posisie te sit, wat druk op my rug geplaas het. so? nouwatgemaak? toe ons eers in die lug was het ek die lugwaardin gevra of sy my na n meer gemaklike plek op de vliegtuig kan verskuif. my versoek het uiteraard die die arme man in die verleentheid gestel. die lugwaardin was on ehulpeaam, indien nie n bietjie ongeskik nie (iets wat volgens my ervaring n toenemende tendens op saa vlugte is). uiteindelik het ek op my plek gebly. ek het daarna, tydens die vlug, nog twee keer probeer om die man te betrek, al is dit ook om gewonde verhoudinge effe te lawe. maar hy wou niks weet nie en het my botweg geignoreer. ek het in jhb aangekom met n verrekte spier, die wens dat daar n manier was om die situasie te beredder en die stille wete dat buiten die uiteindelik onvermydelike ongemak ek verdere ongemak veroorsaak het deur die ongemak te probeer verlig. en so is die lewe dan nou maar eenmaal.
Posted on: Fri, 23 Aug 2013 22:18:34 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015