‘n Briefwisseling met Kersvader Liewe Kersvader, Hoe gaan - TopicsExpress



          

‘n Briefwisseling met Kersvader Liewe Kersvader, Hoe gaan dit met Oom? En met Tannie Krismis? Ek hoop al die takbokke en die Elwe is ook almal gesond. Soos u seker weet, was ek die jaar baie soet seun. Ek sal asseblief X-Box 360 met Grensvegter klaar gelaai, en nuwe Apple IPhone 5 wil ontvang vir Kersfees. Groete en Geseende Kersfees, Bennie Botha Liewe Bennie, Dankie vir jou mooi briefie. Die tannie, die takbokke en al my helpertjies is almal blakend gesond en hulle laat weet dankie dat jy uitvra na hulle. Kersvader is egter bekommerd dat jy te veel tyd spandeer met videospeletjies en selfoontekse stuur. Jy is juis besig om bietjie lywig te raak weens te min oefening. Daarom, en omdat jy so soet was, dink ek dat ek liewer vir jou ietsie gaan bring waarmee jy buite kan speel en van daai ekstra vetjies ontslae raak. Geseende Kersfees, Kersvader Geagte Mnr. Kersfees, Siende dat ek my deel van ons soet teenoor stout kontrak nagekom het, voel ek vol vertroue dat u plan sal maak om my te gun wat my toekom. Ek wil nie graag hierdie feestyd skend en omskep in ???n hofgeding nie. Verder dink ek dis bietjie vermetel om te verwys na my gewig, veral komende van ???n oorgewig ou man wat maar een keer per jaar buite kom. Hoogagtend die uwe, Ben Botha Meneer Botha, Hoewel ek toegegee het dat jy jou beter gedra het die jaar, moet ek jou daarop wys dat jou Kerslys slegs ???n versoeklys is en op geen manier ???n waarborg is dat dienste gelewer sal word nie. Dis egter jou volle reg om wetlike stappe te neem, maar neem kennis dat ek en my prokureurs al suksesvol sake doen sedert die Dierebeskerming my aangevat het oor die werkslas van my takbokke. Ek is dus meer as gewillig om jou aan te vat in die hof. Verder wil ek ook net byvoeg dat die oefening wat ek voorskryf, nie net jou gesondheid sal verbeter nie, maar dit sal jou ook help met jou sosiale interaksie en selfs van daardie klomp puisies op jou gesig laat opklaar. Die Uwe, Kersvader Kyk hier Vettie, Ek het jou nou klaar laat weet wat ek wil he en ek verwag dat jy dit vir my gaan bring. Ek was maar net beleefd. Maar nou, omdat jy my in die gesig vat en my vriende ook nog bysleep, gaan ek hulle juis teks en ons gaan vir jou met jou dikgat inwag en ek gaan VAT uit daai sak van jou NET WAT EK WIL! Breker Botha Luister Pizzagevreet, Is jy gerook? Dink jy ???n ou wat by ELKE huis in die wereld inbreek in een nag, sonder om gevang te word, gaan skrik vir snotneus soos jy? Ek weet wanneer jy slaap en ek weet wanneer jy wakker is, jou klein stront. Besef jy hoeveel kontakte ek het, my pel? Ek is bedraad, ou maat! Op my rondtes sien ek siek goed. Ek het maniere om jou te laat bloei waar mens nie wil bloei nie. As ek jou moet vertel, skiet jy net daar ???n kat op jou ma se duur persiese mat. Wees verseker jy gaan nie kry wat jy voor gevra het nie, maar ek gaan steeds opdaag en dan kan ons bietjie jou pyndrumpel toets. KV Liewe Kersvader, Bring vir my net wat jy wil, ek sal ENIGE IETS waardeer! Bennietjie Bennie, Ek het so gedink jou klein pes. Kersvader.
Posted on: Sun, 20 Oct 2013 15:23:02 +0000

Trending Topics




© 2015