n Vrou het een Nag n droom gehad. Sy het na die Markplein gestap - TopicsExpress



          

n Vrou het een Nag n droom gehad. Sy het na die Markplein gestap en n stalletjie met n uithangbord gesien: GAWES VAN GOD. Daar was n Engel agter die toonbank. Verstom het sy gevra:Wat verkoop jy, Liewe Engel? Elke Gawe wat GOD gee was die antwoord. Is hulle duur? Nee. Die Gawes van GOD is verniet. Die rakke was vol met flesse Blydskap, Bottels Geduld, Pakke Wysheid. Uiteindelik het sy die Gawe gesien wat sy wou hê. Sy vra toe: Kan ek asb die Gawe van Kalmte kry? Die Engel het vriendelik vir haar alles in n klein geskenkpakkie verpak. Dit was piepklein. Kleiner as haar hart. Sy wou weet: Is jy seker die Gawe is daarin? Ja. In GOD se winkel verkoop ons nie ryp vrugte nie was die antwoord. Net saadjies wat jy self moet laat groei... Mag vandag n dag wees waarop die gawes van God groei in ons lewens!
Posted on: Sun, 03 Nov 2013 09:09:42 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015