14 Luiperds wys karakter Die Luiperds het Vrydagaand op Profert - TopicsExpress



          

14 Luiperds wys karakter Die Luiperds het Vrydagaand op Profert Olënpark groot karakter gewys deur meer as ‘n uur lank met 14-man teen die Griffons te speel en ‘n wipplankstryd met ‘n drie in die doodsnikke 40-33 te wen. Brendon Snyman het die wendrie met die lopie van sy lewe in die hoek gedruk waarna die hele Luiperdspan, minus Robert Kruger wie na elf minute met ‘n rooi kaart afgestuur is, op hom toegesak het. Die Luiperds was in die eerste tien minute in beheer en met die telling op 14-0 skynbaar in beheer toe Kruger vir ‘n beweerde vuishou deur Craig Joubert rooi gewys is. Veral die slot MB Lusaseni was in die tydperk opvallend en hy en BG Uys het met sterk lopies die eerste drie van die wedstryd, deur die losskakel Jarryd Buys, aangevoer. Edmar Marais het sy onlangse driedroogte kort daarna gebreek na omkeerbesit en deurgehardloop sonder dat ‘n vinger op hom gelê is. Na Kruger se sondes het die Griffons egter teruggekap toe eers Inus Kritzinger deurgebreek het en AJ le Roux daarna gedruk het om die tellings gelyk te trek. Dit was toe duidelik dat daar ‘n lang agtermiddag op die Perstruie wag. ‘n Drie deur Danie Dames na nog ‘n Marais-lopie het die Luiperds op 19-14 voor laat water drink. Asof dit nie moeilik genoeg was met 14 spelers nie kry die vaskop Elardus Venter toe boonop ‘n geelkaart. Marais druk toe sy tweede in die tydperk en voordat die Luiperds weer 14 spelers op die veld het, druk Edgar Marutlulle na ‘n lynstaandryf. Met die telling gelyk op 33 elk vir die laaste tien minute het Franna du Toit ‘n kans verspil om die Griffons te laat voorloop. Snyman se drie het die klein skare op Olënpark in vervoering gehad om hul grootste karaktertoets van die seisoen te slaag. Punte: Luiperds: Drieë: Edmar Marais (2), Jarryd Buys, Danie Dames, Edgar Marutlulle, Brendon Snyman. Doelskoppe: Meel Engelbrecht (5). Griffons: Drieë: AJ le Roux (2), Inus Kritzinger (2), Norman Nelson. Doelskoppe: Franna du Toit (4).
Posted on: Fri, 13 Sep 2013 19:48:24 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015