16 Dae van Aktivisme teen Gesinsgeweld: 25 Nov-10 Des - TopicsExpress



          

16 Dae van Aktivisme teen Gesinsgeweld: 25 Nov-10 Des 2013 Gesinsgeweld is nie.... Gesinsgeweld verwys na ‘n patroon van gedwonge en gewelddadige gedrag wat deur een volwassene in ‘n intieme verhouding teenoor die ander party uitgeoefen word. Gesinsgeweld is nie ‘n eenvoudige saak van ‘huweliksprobleme’ of ‘onversoenbare verskille’ wat deur ‘konflik resolusie’ opgelos kan word nie. Hierdie tipe A-B-U-S-E Affekteer almal in die gesin; alle vlakke van die samelewing word hierby Betrek - rasse, godsdiens, geografie en ekonomie; (U) Ondermyn die waarde van ander; Soek/het ten doel om ander te domineer en Eskaleer in intensiteit en frekwensie oor tyd. Bid vir diegene wat ander mishandel. Here Jesus, maak vandag deur U Heilige Gees die oë van hierdie geweldenaars oop sodat hulle kan sien, herken en erken dat hulle gedrag regtig gewelddadig is. (Maleagi 2:16). Wys hulle ook dat dit verkeerd is in U oë veral wanneer hulle Christene en leraars is. Help hulle asseblief om genesing van U te soek en help hulle om van hulle verkeerde weë weg te draai. Plaas ‘n begeerte in hulle harte om opnuut ‘n persoonlike verhouding met die Here Jesus Christus na te jaag. Argument: Die Here het mans superieur oor vrouens gemaak en dit beteken vrouens is minderwaardig. Antwoord: Die Here het mans en vrouens verskillend gemaak met verskillende rolle en funksies. Die Bybel sê nie dat die Here mans as superieur beskou en vrouens as minderwaardig nie, maar eerder as gelykes. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. (Galasiërs 3:28). Jerigo Mure
Posted on: Thu, 28 Nov 2013 02:11:07 +0000

Trending Topics



0px; min-height:30px;"> NFL San Diego Chargers - Alternate Distressed Vinyl Laptop Skin
En la noche que me envuelve, negra, como un pozo insondable, doy
THE DISPENSATION OF THE LORD ELIJAH. THE TEACHINGS OF BISHOP
O gigante fala dormindo - GUILHERME FIÚZA O GLOBO - 06/07 O

Recently Viewed Topics




© 2015