Aan almal wat by Renier en Claire se troue was: ek was - TopicsExpress



          

Aan almal wat by Renier en Claire se troue was: ek was onvoorbereid gisteraand en as gevolg daarvan was by heildronk aan my ouers en grootouers kortaf en onpersoonlik. Maar hier is wat in my hart is: Ockert en Eunice is vandag 29 jaar getroud... maar dit is nie die uithouvermoë met mekaar wat tel nie. Dit is waarop hulle verhouding baseer is: Van kleins af is ons drie kinders geleer om leiers te wees.. om standvastig en eerlik te wees.. ons is geleer om nederig te wees, maar die belangrikste is dat ons geleer is om ons hele lewe in die hande van die Here te plaas. Hulle het ons kinders groot gemaak in slegte en goeie tye, maar een ding wat ek beslis weet is dat hulle altyd seker gemaak het die Here stap. My ouers is leiers. Veral leiers aan hul kinders. En hulle het dit by hulle ouers geleer. Net soos ons drie kinders die reels en fondasied van die lewe geleer is, so is my ouers ook geleer. Ek is lief vir hulle en hulle vir ons. En hulle verdien n uur lank se speech, maar ek kani die tyd terug draai nie. Ek het rerig so baie nog om te se en ek vra om verskoning dat ek nie so my speech begin het nie... maar dankie vir alles wat julle vir ons doen. Julle is amazing ouers...
Posted on: Sun, 27 Oct 2013 16:13:54 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015