Anoniem asb! Ek is hartseer, moedeloos, eensaam. Weet nie meer wat - TopicsExpress



          

Anoniem asb! Ek is hartseer, moedeloos, eensaam. Weet nie meer wat om te doen om uit die situasie te kom nie. Ek woon in n klein dorpie,Citrusdal. Is getroud vir 10 jaar met n man wat uit sy pad gaan om my ongelukkig te maak. Skreeu op my voor vriende ,familie en selfs indie winkels. Noem my lelike name. Ek sukkel om werk te kry, het nie n ryding nie. Het nie n sent op my naam om eers te oorweeg om my goed te pad om te loop nie. Ek het nerens waar ek kan gaan vir hulp nie. Elke dag doen ek my bes om dinge te probeer beter maak maar als word in my gesig terug gegooi. Hy het al reeds ons kind teen my vergiftig. Ek kan net nie meer. Nie n dag gaan verby wat ek dink aan om my self weg te vat nie. Sien nie nie meer n ander uitweg nie. Ek soek ook net n bietjie liefde en aanvaarding en waardering. Ek is tevrede met min....ek bid vir die Here maar voel asof ek nie gehoor word nie...weet nie meer nie...
Posted on: Sun, 21 Jul 2013 06:34:11 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015