BONUS BYLAE!!! Ontmoet gerus vir.... MARTIE - TopicsExpress



          

BONUS BYLAE!!! Ontmoet gerus vir.... MARTIE GELDENHUIS: Annemart Magdeleen Smit is gebore as een van n tweeling sussies, dou voor dag op 12 November 1960. Op n bokhaar matras in die tent van haar ouers Johagem en Magdeleen Daisy Smit, het sy en haar sussie die lewe begroet. Sy, haar ouers en haar sussie, Josephine Daleen Smit het vir lank gewoon in n klein Hippie gemeenskap in die hange van die Woepertal Kloof waar Martie en haar sussie deur haar byderwetse ouers gehomeschool was tot op die ouderdom van tien. Dit was die Sestigs en rebelie en libiralisme was deur die regering aangesien as n komunistiese konsep. Die polisie het gereeld op die Hippie gemeenskap toegesak en alles waaruit n rokie getrek het, gekonfiskeer. Die aanhoudende harassment van die Woepertal Polisie het gemaak dat baie lede van die gemeenskap maar eerder hulle ongewone bestaan laat vaar het en by die normale mense aangesluit het. Martie en haar sussie het begin skoolgaan by Laerskool Woepertal Wes, en Martie het dadelik bevriend geraak met Bets Buys. Hul vrienskap is tot vandag toe so sterk soos toe dit in daardie tyd geblom het. Martie se Pa en Ma het n klein Homeopatiese Praktyk op die dorp begin, maar in n gemeenskap waar byderwetse medisyne ongehoort was, het die besigheid nie baie goed gedoen nie. Behalwe onder die swart gemeenskap wat soms kom kruie en goedjies koop het. Een gereelde klient, was bv ene Sophie Velakasi, wat altyd uitgevra het oor kombinasies van medisyne. Martie se gesin was maar arm, maar gelukkig. Dit was dalk juis hoekom sy so smoor verlief geraak het op Joop Geldenhuis, aangesien hy n suksesvolle jong man was, en uitgeblink het in sport en akedemie. Martie het nie van Joop se donker geskiedenis geweet nie, maar dit was juis die aantrekkingskrag van misterie, wat haar kniee lam gemaak het vir hierdie jong fris boerseun met die donker gelaat. Haar ouers het baie van Joop gehou en hy was n goeie kêrel vir hul dogter. Hulle het die jong man hul toesteming gegee en Martie en Joop is getroud. Die res, soos hulle sê, is history. Albei Martie se ouers leef nog (dalk al die herbs & spices wat hulle gepresifeerd hou?) en is woonagtig by die aftree oord net buite die dorp. By Huis Herders Rus geniet hulle nou weer in hul oudag, die gemeenskaps lewe van n komune en kan hulle sonder die gepla van die lang arm van die gereg, hul medisinale kruie misbruik. Martie se suster het na Hoëskool verpleegkunde in Johannesburg gaan swot, en het haar loopbaan in hierdie rigting gesmee. Sy kom loer soms by Martie en Joop in waneer sy vir haar ouers by die tehuis gaan kuier. Waar gaan die winde van die lewe vir Martie Geldenhuis heen waai? Gaan haar losbandige vormings jare n invloed op haar toekoms hê? Duidelik ja! Sal sy ooit by die normale mense kan kers vashou, of gaan Martie Geldenhuis met smart in haar hart, die songloed van die skemer in gaan?
Posted on: Thu, 14 Nov 2013 09:00:49 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015