Die O.M.G. Generasie Daar was in ons jong dae daardie stywe - TopicsExpress



          

Die O.M.G. Generasie Daar was in ons jong dae daardie stywe bo-lip tannies met die haarsproei kapsels en cheap make-up wat die duiwel in als gesien het. Onthou julle hulle? Oh nee dis van die bose, het hulle altyd gesê. Als was evil en Satan se hande werk. Wel ek wonder wat sê daardie tannies in vandag se tyd, want ek self begin dink ons speel af op n ramp. Kyk ek is nie preuts of konserwatief nie, maar wat vandag aan die gang is is nie gesond nie en ek beklim ook dus nou maar die seep boks om my keel skoon te maak. Ek het kinders van voorskool tot Hoërskool en ek vrees vir wat hulle aan bloot gestel word. Maar erger nog, is my vrees dat al hierdie dinge nuut is en ons as opvoeders het nie die kennis of ondervinding met die tipe goed nie, want dit was nie daar in ons tyd nie. Selfs die grootmense sukkel om hulself te gedra op hulle slim fone, luister in die kar oppad om die kinders by die skool af te laai na musiek waarvan elke derde woord uitgelos word (maar almal weet wat hulle uitlos), betaal maar vir daai Grand Turismo PSP speletjie met n 2-16 ouderdoms beperking (met goeie rede) en swets langs die braaivure terwyl die kinders om die grootmense draai soos vliee. Hierdie is die generasie wat grootword met krasheid, geweld, seks en min respek vir ander, maar kan ons hulle kwalik neem? Kyk wat doen hulle idols op hulle musiek videos en realiteits programme!? Kyk na die grappe wat al hoe meer aanvaarbaar word op radio!? Kyk na wat is op die internet beskikbaar!? En dan kom al die sosiale media by, waar ons kinders (en ons grootmense self) lekker kan skelm wees. Die vraag is nou, hoe leer ons ons kinders van die gevare as ons self nou eers daaraan blootgestel word? Ons weet nie juis wat ons self as grootmense doen nie, maar ons moet ons kinders lei?? In sommige gevalle is dit die kinders wat die ouers lei, want hulle help ons om profiles op te stel en ons statusses te update en so voorts, want die kinders is clever met die tipe goed. Ek vrees net dat ons afspeel op n ramp, want niemand het werklik kennis van wat aangaan nie, en niemand kan voorbeelde eers noem, of op terug val nie, want dis als nog relatief nuut. So ons probeer maar eerlikheid, opregtheid en respek vir ons kinders aanleer, maar pas ons dit ooit self toe?? Kla ons by die radiostasie wat die woorde net uitsny maar die lied steeds speel? Sensor ons die materiaal waaraan ons die kinders blootstel (en ek praat nou van die braai praaities ook né)? En is ons voorbeelde vir ons kinders wat foon etiket behels, of chat ons ook in geselskappe op ons fone? Ons hou daarvan om ons oë te rek as ander mense vir hulle jong kinders slim fone koop en dan dink ons aan als wat daai kind gaan aanvang met daai foon. Wel mr en mev high-all mighty, waarmee hou jy jouself besig op jou foon en jys al mooi groot!? Ek dink ons as grootmense het self bietjie onderrig nodig as dit kom by al hierdie nuwe dinge waaraan ons ook blootgetel word en dan kan ons dalk hoop om ons kinders te lei. In my dae het mense altyd gevra, Weet jy waar jou kinders is? Ek dink deesdae moet daai vraag lui, Weet jy waarmee jou kinders besig is, en is jy nie self daarmee besig nie? Just a thought, use it....dont use it....
Posted on: Wed, 09 Oct 2013 09:35:34 +0000

Trending Topics



min-height:30px;"> kedd esti bölcsesség .... Pozitív gondolatok: Ügyelek
14 – Hallucination is the term of Science for those
you like

Recently Viewed Topics




© 2015