Die Vurk... ‘n Jong dame is met ‘n terminale siekte - TopicsExpress



          

Die Vurk... ‘n Jong dame is met ‘n terminale siekte gediagnoseer. Menslik gesproke het sy nog drie maande om te leef. Sy begin dadelik om haar sake in orde te kry. In ‘n gesprek met haar predikant versoek sy watter liedere sy graag op haar begrafnis wil laat sing, asook die skrifgedeelte wat hy moet lees. Toe die predikant groet onthou sy nog iets wat vir haar baie belangrik is. “Daar is nog iets, dominee.” “Wat is dit?” “Ek wil graag met ‘n vurk in my hand begrawe word. Dis vir my baie belangrik.” Die predikant lyk verdwaas. “Wat ‘n eienaardige versoek”. “By die Restaurante waar ek al sosiale funksies bygewoon het, het iemand na die hoofdis, wanneer die eetgerei weggeneem word gefluister: “Hou jou vurk.” Dan het ek geweet daar is nog iets heerlik wat gaan kom, soos veerligte sjokolade koek of besondere appeltert. So wil ek graag hê die mense moet my in my kis sien met ‘n vurk in my hand. Ek wil hê elkeen moet wonder en vra: “En die vurk? Waarvoor dit?” Dan moet u antwoord: “Hou jou vurk, die beste kom nog.”Met trane in sy oë groet die leraar. Hy besef die jong vrou het ‘n wonderlike idee van die hiernamaals. Selfs beter as hy. Selfs beter as ouer gelowiges met baie meer lewenskennis. Sy WEET iets beter wag op haar. By die begrafnis hoor die predikant dan ook telkemale: “En die vurk?” En hy glimlag net. In sy boodskap verduidelik die leraar die dame se uitsonderlike wens en wat dit simboliseer. Hy getuig hoe die mooi storie in sy gedagtes bly. “Ek is seker elkeen van julle gaan ook oor en oor daaroor dink.”Hy was reg. En elke keer wanneer jy jou vurk optel, onthou: DIE BESTE GAAN NOG KOM! Koester die tyd wat jy nog gegun word. Waardeer jou vriende. Wys hulle jy gee om. Bemoedig hulle wanneer hulle dit nodig het en ook wanneer jy bemoediging nodig het, met die woorde: HOU JOU VURK !
Posted on: Tue, 29 Oct 2013 18:33:02 +0000

Trending Topics



eight:30px;">
I just want to say to all my English or foreign Fb friends that I
Hi aunt Tina please post for me and hide my id.please let me know
Ten Rules for a Happy Marriage".. ! 1. Never both be angry at the

Recently Viewed Topics




© 2015