Die Woord Van God. Heer hoe se n mens dankie vir dit wat jy - TopicsExpress



          

Die Woord Van God. Heer hoe se n mens dankie vir dit wat jy het... vir soveel liefde, n huisie en n bed... Heer ek het nie veel nie,maar dit weet U klaar... maar die bietjie wat ek het is vir my so kosbaar... Heer ek tel elke dag my seeninge een vir een... want ek weet wat ek het is net vir my geleen... Heer soms kan my lewens-storms ook maar woes slaan... maar steeds laat U my huisie vas staan... Heer U beskerm my en my kindertjies al ons hele lewe lank en soms weet n mens nie hoe om U te bedank... Heer my geld is min, en my huisie is klein... maar dit so asof daar meer Sonlig in my ou huisie skyn... Heer, ek kyk vas in glimlaggies en kry drukkies elke dag en God ek kan dit weer terug gee, want U is my krag... Heer, soms laat die lewe my ook opdraende loop... maar ek het geleer waar daar lewe is, is daar hoop... Heer, ek het leer swem toe die lewens-branders op hul woeste geslaan het en toe ek struikel en afdwaal, was U die Een wat verstaan het... Heer, U het hartseer, pyn en ook soms twyfel op my pad gebring... en U het weer n Melodie in my lewe gegee toe My hart nie meer die Lied van die lewe wou sing... U het soveel keer my uit die donker dieptes van die lewe kom haal... juis wanneer ek dink als het my gefaal... maar Heer U het my totaal verstom... toe ek heel by die wenpaal anderkant uitkom... Daarom buig ek vandag my kniee in gebed en se: "Dankie Heer vir dit wat ek het" Amen!
Posted on: Fri, 30 Aug 2013 11:59:28 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015