Een resep vir 6 verskillende smake ? Ja dit kan werk Luka Basiese - TopicsExpress



          

Een resep vir 6 verskillende smake ? Ja dit kan werk Luka Basiese koekiedeeg Sif saam: 500g bruismeel 3ml sout Klits saam: 250g margarien 2kop suiker 3groot eiers 1teel vanielje Voeg meel by margarienmengesel. Knie tot goed gemeng. Verdeel in 3dele. Vorm elk in n wors en draai toe in waspapier. Vries oornag. Lewer ±11dosyn koekies. 1. Tjop tjop koekies. OOND 180 Haal deeg uit vrieskas. Sny skywe van 0.5cm. Pak op gesmeerde bakplaat. Sit op boonste oondrak. Bak 10-11minute. 2. Sjokoladekoekies Maak basiese deeg aan maar sif 100ml kakao by droe bestanddele. 3. Marmerkoekies Maak 1deel basiese deeg en 1 deel sjokoladedeeg. Vorm deeg rolle met wit deeg binne en bruin deeg buite om. 4. Choc chip koekies Voeg 250ml choc chip by bestanddele vir basiese deeg. 5. Grondboontjiekoekies Voeg 250ml fyn grondboontjies by basiese deeg bestanddele. 6. Klapperkoekies Voeg 250ml klapper by basiese deeg. Koekie deeg word almal n n rol gemaak,toe gedraai en oornag (of langer) gevries ,skywe gesny(0.5cm) en by 180 vir 10-11min op boonste rak in oond gebak.
Posted on: Fri, 28 Jun 2013 13:12:35 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015