Ek voel lig en vry soos die wind Want ek is die Heer se - TopicsExpress



          

Ek voel lig en vry soos die wind Want ek is die Heer se kaalvoetkind Ek huppel die hele wêreld rond Trek my skoene uit, want ek beweeg op heilige grond Stamp ek my voet teen ‘n klip Weet ek dit is die randsteen wat keer dat ek van my Heer se pad afglip Steek ‘n doring in my voet so seer Is U daar om vertroostingsalf aan te smeer Laat my voet my struikel om my teen die grond te fel Is U ook daar om my op te tel Vra mense my: Waar is jou Heer Sê ek: Hy loop hier reg langs my sy. Hoe is daar net een ry spore: sal hul vra Antwoord ek; Dit is daar waar God my in sy arms dra Daarom is ek so bly ek het in Sy Woord ‘n holte vir my siel gevind Ek, die Here se kaalvoetkind!
Posted on: Fri, 23 Aug 2013 03:55:50 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015