Genesing. God wil hê jy moet gesond wees, in liggaam, in siel - TopicsExpress



          

Genesing. God wil hê jy moet gesond wees, in liggaam, in siel en in gees. Hy wil hê jy moet in Hom heel wees, sonder gapings, gate of leë plekke in jou hart. Hy wat alles in alles vervul wil jou ook volkome vervul met alles wat Hy het om te gee. Mat 9:21 Want sy het by haarself gesê: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word. Mat 9:22 En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af. Mar 2:17 En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. 1Ts 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! (Christo)
Posted on: Mon, 21 Oct 2013 03:17:23 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015