God se plek van rus is dus beskikbaar, maar dié wat destyds die - TopicsExpress



          

God se plek van rus is dus beskikbaar, maar dié wat destyds die goeie tyding ontvang het, kon as gevolg van hulle ongeloof nie daar ingaan nie. Gevolglik het God weer ’n dag bepaal om sy rus binne te kan gaan. Daardie dag is vandag. God het dit aansienlik later deur Dawid aangekondig, naamlik: “Vandag wanneer julle sy stem hoor, moet julle nie julle harte verhard nie.” Daar wag dus nog ’n heel spesiale rus vir God se volk. Want almal wat in hierdie rus van God ingaan, sal self rus van hulle moeitevolle arbeid, soos God ook van sy eie skeppingswerk gerus het. Kom ons span dan alles in om daardie rus binne te gaan sodat nie-mand van ons dalk hulle slegte voorbeeld van ongehoorsaamheid volg en ook omkom nie. Ons het dan nou ’n groot Hoofpriester wat deur die hemele beweeg het, Jesus die Seun van God. Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou. Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word. (HEBREËRS 4:6, 7, 9-11, 14-16 NLV)
Posted on: Tue, 05 Nov 2013 19:49:10 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015