Goeiedag, Hierdie week hou Geopende Deure hulle Internasionale - TopicsExpress



          

Goeiedag, Hierdie week hou Geopende Deure hulle Internasionale Dae van Gebed. Hulle oproep is n herinnering aan ons om met God se hart na sy kerk te kyk (sien Joh. 2:17). Ek het onlangs met n OM-sendeling gepraat wat onder Moslems in die Johannesburg-area werk. Volgens hom is die Somaliese gemeenskap in Johannesburg, Mayfair (bestaande uit sowat 5000 mense) n baie geslote gemeenskap. Dit is te verstane in die lig van die swaar geskiedenis in Somalie sowel as in ons eie land (sien bv. oxfamblogs.org/southernafrica/?p=1631). Kom ons bid vir geopende deure (!) onder hierdie gemeenskap. Laat weet ook wie van julle graag vir n oggend bymekaar sal kom vir saambid vir Somalie, voordat die vakansie begin! Dankie vir die saambid.
Posted on: Wed, 06 Nov 2013 07:37:16 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015