Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in. Ek het - TopicsExpress



          

Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in. Ek het besluit om weer al die verantwoordelikhede van n agtjarige te aanvaar. Ek wil McDonalds toe en dink dat dit n 4 ster restaurant is. Ek wil weer stokkies oor n reën poeletjie laat seil en n sypaadjie pak met klippe en aan-aan speel. Ek wil weer dink dat Smarties beter as geld is want jy kan die goed eet. Ek wil op n warm somersdag onder n groot skaduboom lê en saam met my pellies lê en droom met n grassie innie kies. Ek wil weer terugkeer na n tyd toe die lewe eenvoudig was , jou kennis beperk was tot kleure, maal- en deel-tafels en Siembamba. Al wat jy geweet het was om gelukkig te wees want jy was salig onbewus van al die dinge wat jou moes ontstel of laat worrie soos vrypuisies byvoorbeeld. Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat almal eerlik en opreg is. Ek wil weerglo dat enigiets moontlik is. Ek wil salig onbewus wees van die kompleksiteite van die lewe en weer opgewonde raak oor die klein goedjies in die lewe soos gekleurde popcorn. Ek wil weer eenvoudig lewe. Ek soek nie dae wat bestaan uit computers wat crash nie, berge papierwerk, nuus wat depres nie , hoe om meer dae in die maand te hanteer as wat daar geld in die bank is nie, doktersrekeninge, skinder, siektes, en die verlies van geliefdes. Ek wil weer glo in die krag van n glimlag, drukkies, n vriendelike woord, die Waarheid soos wat dit in die Begin bedoel was, regverdigheid, vrede, drome, die verbeelding, die mens sonder sy maskers en skuins motiewe, en sommer net modderkoekies bak. So . . hier is my tjekboek en my motorsleutels, my kredietkaartrekeninge en sommer die hele kaboedel wat soos grootmens lyk. Ek bedank offisiëel as volwassene. As jy hierdie saak nog verder wil uitpluis of wat ook al jou intensie is, moet jy my eers inhol, want........ Touch! Jy kan my nie vaaaang nie!!
Posted on: Tue, 22 Oct 2013 08:30:08 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015