Internasionale magte agter skeuring Gwede Mantashe beskuldig - TopicsExpress



          

Internasionale magte agter skeuring Gwede Mantashe beskuldig internasionale magte dat hulle groot belang het by die dreigende skeuring in Cosatu en die ANC-alliansie en finansier dit wanneer hulle dink dis nodig. Mantashe het die gevaar van ’n internasionale bedreiging in Suid-Afrika se binnelandse politiek sterk uitgewys toe hy ’n konferensie van die vervoervakbond Satawu (South African Transport & Allied Workers Union) in Johannesburg toegespreek het oor planne van Numsa, Cosatu se grootste vakbond, om uit Cosatu weg te breek. Volgens hom weet mense wat die ANC-Cosatu-SAKP-alliansie wil verswak, dat hulle eers Cosatu in duie moet laat stort, het hy gesê. Hy het gewaarsku dat daar teen die internasionale magte gewaak moet word. Hy beweer dat hulle deur vriende in sosiaal-demokratiese bewegings gesê is dat daar wêreldwyd ’n beheptheid met bevrydingsbewegings in Suider-Afrika is. Die internasionale magte meen hierdie bevrydingsbeweging (die alliansie) is te sterk, het Mantashe gesê. Hy het Numsa weer daarvan beskuldig dat hy ’n werkersparty op die been wil bring en het beklemtoon dat die debat oor ’n werkersparty, wat nou herleef, is ’n ou debat. Almal wat in die jare tagtig in die vakbondbewegings was, weet dit is destyds bespreek en daar is toe besluit dat die vakbonde nie deel van die vryheidsbeweging moet wees nie, maar ‘n werkersparty moet stig. Hy sê die feit dat dit nou weer herleef is deel van die magverskuiwing in Cosatu. Die bron vir daardie idee het destyds soos nou, by Numsa ontstaan.
Posted on: Mon, 02 Dec 2013 06:20:03 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015