KATEGESE- AFSLUITING- 19&20 OKTOBER Wat n fees van kleingoed, - TopicsExpress



          

KATEGESE- AFSLUITING- 19&20 OKTOBER Wat n fees van kleingoed, jongmense, ouers en kategete was dit nie Saterdag by Diamante nie!? Die Premiermyners was op en af met die wurm, in en uit die swembad, bo en onder die stomp, heen en weer met eetgoed en permanent met roomys in die mond. Dit was heerlik om die speelse gees en kameraadskap en liefde vir mekaar te ervaar. Gister was die afsluiting van die Kategese in die kerk en wat n pragtige en tog gewyde geleentheid was dit nie. Dankie Annelien vir jou liefde en omgee vir die kinders, hul ouers en die kategete, en baie dankie ook aan Ella en Paul vir die pragtige sertifikate, die kinders en kategete voel sommer baie trots. Dankie aan elke ouer wat sy en haar doopbelofte nakom. Sonder julle insette is dit vir die kinders n baie moeilike pad om te loop. Indien iemand dalk kan help met die plaas van die pragtige fotos, sal dit goed wees. Vandag sukkel ek!
Posted on: Mon, 21 Oct 2013 05:51:00 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015