KYK HIESA HOORIE, DIE STORIE VAN KAAPS IS NOG LANKIE - TopicsExpress



          

KYK HIESA HOORIE, DIE STORIE VAN KAAPS IS NOG LANKIE OORIE! Vêre slat ek my Faceboek oeppe nourie anne dag en my oeg val oppe ding wat een goose skryf wa sy n anne goose kôrek mette skoon gedagte oo my. Die anne goose was gloe confuse cause why sy wil wiet of ek n gangster is wan ek sny my stukke oorie liewe innie Elsies in Kaaps as Jeremy vannie Elsies. Die kôrekte goose sny toe virrie confusede goose rat ek isse turfie mettie rang van Generaal Majoor innie polisie innie Plein. To ek dit lies to vestaan ek rat daai moet n vérrere movie se confushin innie mine vannie confusede goose gecausit. Wat nog te sê as sy moes gehoorit rat ek was oek n Afrikaans en Ingelse meneer en oek in philosophy, Afrikaans en Ingels byrie University vannie Western Cape innie 80s geblackboard was! Let alone maklik oo Karl Marx, Hegel, John Locke, John Rawls, Elisé Reclus, Giles Deleuze, Jean Paul Satre, Ali Ahmed Said, Thomas Acquinas, eksekkera-eksekkera n klip uitie bosuit kan sny innie Kaaps soes ekkit innie Elsies praat. Maar, inbegrepe van die wanpersepsies oor Kaaps as minderwaardig in vergelyking met daardie grooter wanbegrip, verhewe gestel as Standard Afrikaans, wat sy ras-verwronge wortels in Apartheid dwaalleer oor die geskiedenis van Afrikaans het; wat maak dit deesdae in die nuwe Suid Afrika nog steeds n kwelvraag wat hewige emosies ontstem in hierdie debat. Is dit nog steeds ras, of is dit deesdae meer middel klas intellektualistiese wanpersepsies wat sonder enige kritiese bepeinsing, onberedeneerd die debat onbewustelik of anders, beïnvloed. Hoe dit nou ook al sy, ek wil dit onomwonde stel dat my Kaaps vannie Elsies nie n straat taal van die minder-bevooregdes is wat intellektueel minderwaardig tot enige ander taal is nie. Ek het geleer om abstrak te dink en dit wat om my aangaan konsepsioneel te begryp in Kaaps, lank voor ek ooit aan standard Afrikaans blootgestel was. Op n ligte noot - kan jy jou indink watter metaphisiese graad van abstraksie van jou op n vroeë ouderdom vereis word om die vloek woorde Jou gat! te verstaan? Maar dit daar gelaat, miskien verg die oopenbare hanteering van hierdie aangeleentheid dat daar ag geslaan word op die bydrae van afgetrede Prof Hans Du Plessis tot die debat in vandag se artikel in Die Burger koerant (16 November 2013) se By getitel Grense vir Kaaps, wie soos volg waarsku: Dit sal dwaas wees om die sensitiwiteit en die gegronde emosionele ondertone van die huidige debat oor Kaaps te onderskat, want daar is te veel onreg uit die verlede wat in die gesprek al te maklik as emosioneel afgemaak word. Voordat gister en sy spoke nie uitgepraat is nie, in Afrikaans, sal die gesprek oor môre twee aparte monoloë bly. Jeremy vannie Elsies; aka Jeremy oorspronklik afkomstig van die Elsies Rivier woonbuurt; aka Jeremy, ontologically from Elsies River and existentially South African, but epistemologically undogmatic.
Posted on: Sat, 16 Nov 2013 07:31:39 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015