Kom ons kyk terug oor die hele pad waarop die Here ons God ons - TopicsExpress



          

Kom ons kyk terug oor die hele pad waarop die Here ons God ons gelei het. Daar kan ons sien hoe dit gestippel is met tienduisende verskuilde seëninge? Dink terug aan die nodige verligting wat op n kritieke oomblik gestuur is,die regte pad wat vir ons gekies is in plaas van die verkeerde pad wat ons vir onsself wou kies, die kwetsende dinge waaraan ons hart so verbete vasgeklou het wat uit die weg geruim is, ja die blaaskans wat aan ons gegun is,op die spesifieke tydstip toe ons beproefde en worstelende gees dit nodig gehad het. Want so het oneindige liefde elke wolk met n silwer randjie van genade ons omring en ons lewens versier. Kom ons gaan terug op ons voetspore en let op dat Jesus se voetspore bo-oor elkeen lê. Dankie aan ons Liefdevolle Vader vir elke voetspoor en die belangrike les om eerder op ons Liefdevolle Vader staat te maak as op ons self. Amen.
Posted on: Mon, 18 Nov 2013 06:30:53 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015