My beleidsverklaring vir my SR termyn is as volg indien julle dit - TopicsExpress



          

My beleidsverklaring vir my SR termyn is as volg indien julle dit wil lees: Die Studenteraad speel ‘n fundamentele rol in studente-ontwikkeling en betrokkenheid by die breë spektrum van bedrywighede van die Universiteit van Stellenbosch. Deur voort te bou op hierdie stewige basis, maar ook tred te hou met die veranderde behoeftes van studente sal ‘n gebalanseerde studie- en leefomgewing vir studente verseker word. Die Studenteraad is ‘n belangrike rolspeler in die universiteitsomgewing. Ek glo dat daar ‘n veilige omgewing vir studente geskep moet word waar hulle hul opinie kan lewer en hul stem laat hoor. Ons as SR moet ‘n platform vir studente skep om demokraties uiting te gee aan hul behoeftes en drome op kampus. I believe that I can be of service to the SRC in achieving these goals. I am a firm believer in teamwork and I believe that I have the experience and capability to work with a diverse group of people. Ek is passievol dat ‘n blink toekoms voorlê vir die studente van Stellenbosch en dat ons elkeen ‘n positiewe bydrae daartoe moet lewer. As lid en projekleier van Matielife en Sport komitee het ek geleer om dienend te lei en om te luister en seker te maak dat my opinie verteenwoordigend is van diegene wat ek verteenwoordig.
Posted on: Fri, 16 Aug 2013 06:21:22 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015