My pa sê altyd: dit maak nie saak hoe goed die bedoeling is - TopicsExpress



          

My pa sê altyd: dit maak nie saak hoe goed die bedoeling is nie,daar kom altyd kwaad. Ek is diep hartseer dat my goeie bedoeling om n bekommerde moeder by te staan, so verdraai word. Ek is nie van gister af besig met die Boervolk, Boeremag en besoeke by die gevangenis nie. Ek en Oom Piet Rudolph het vir Callie en Pieter gaan besoek. Willem (genoem Christo) Nagel se moeder het gevra of ek haar seun sal besoek. Ek het so gedoen. Die verwarring by die gevangenis was nie as gevolg van my nie. Ek het iemand gaan besoek wat ek nog nooit vantevore ontmoet het nie. Groot was my verbasing toe die jonge Christo Nagel uitgestap kom. Ek het verduidelik dat ek en Oom Piet deel is van die Boervolkversorgingskomitee, dat ons nie net die Boeremag nie, maar alle Boere-politieke gevangenes besoek en vra waar ons kan help. Ek het verduidelik dat ons gereeld vir Pieter en Callie besoek. Ek het aan die jong blonde man verduidelik dat sy moeder my gestuur het en dat sy woonagtig is in dorp A. Ek het haar naam genoem en verduidelik hoekom ek daar is. Die jong man het nie aan die begin gesê dat sy moeder hom die oggend besoek het nie - inteendeel, hy het genoem dat hy Saterdag deur vriende besoek is. Toe ek die moedertjie se naam noem en haar omgewing waar sy woon, het hy nie aangesui dis nie sy ma nie. Ek het die dominee se naam en van genoem en dat dié hom Maandag sal besoek. Die Christo het nooit gesê dat hy nie die dominee ken nie. Indien hy dadelik sou aandui dat sy moeder hom die oggend besoek het, sou ons dalk vroeër kon agterkom dat hy nie die regte Christo is nie. Hy en ek het heel lekker gesels en lekker saam ge-eet en drink. Hy het ook graag die geld ontvang wat ek inbetaal het. Ons het gesels oor die Israelitiese dieet in die gevangenis - hy het gevra wie die Isaraeliete is. Ek het aan hom verduidelik dat ons nie tot die here bid nie want dit beteken Baäl, maar dat ons tot Yahweh bid. Hy het aandagtig geluister. Ek het gesê dat hy meer by Callie en Pieter kon uitvind. Ek het genoem dat indien hy sou belangstel ek vir hom boeke kan bring. Hy het dit verwelkom. Ek het gevra of hy, y kontakbesonderhede wil h en hy het ja gesê. Met die groetslag het hy my toe herinner dat ek nie die boekies moet vergeet nie. Na my lang verbintenis met die Boeremag, moet ek in skok lees dat ek en Oom Piet die Boeremag se naam misbruik. Ek doen baie werk waarvan julle nie weet nie en ek loop nie te koop daarmee nie. Dit is hartseer dat hierdie plasing in so n negatiewe trant gedoen is. En dit oor n eerlik, opregte goeie daad om in goedertrou op te tree en n bekommerde moederhart gerus te stel. Die opmerking dat ons deur die regering geplaas is, laat my my kop in ongeloof skud...regtig??? Ten laaste: in my hande het ek die oorspronklike handgeskrewe mandaat waarop die Boeremag my volmag gee om namens hulle op te tree. Die moeder van die onstelde Christo Nagel wat verkeerdelik besoek is, kan my gerus kontak sodat ek die kwitansie aan haar kan stuur. Linda het my nommer en ek wag vir die moeder se oproep sodat ons die saak kan regstel.
Posted on: Mon, 02 Dec 2013 10:28:33 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015