OBSERVER KOERANT BERIG - 2013-08-08 10:27 Herculine Strydom - TopicsExpress



          

OBSERVER KOERANT BERIG - 2013-08-08 10:27 Herculine Strydom tydens die Model Champion Limpopo-kompetisie in Junie vanjaar toe sy as wenner in die 12 tot15 jaar-kategorie aangewys is. “My droom is om eendag die kroon as Mej Suid-Afrika te dra. Nie net om die mooiste vrou in Suid-Afrika te wees nie, maar om minderbevoorregtes te help.” So meen die 13-jarige plaaslike skoonheid, Herculine Strydom wat sedert sy haar voete vir die eerste keer vanjaar op die loopplank neergesit het, geweet het dat daar vir haar ‘n toekoms as loopplankmodel voorlê. Sy is nie verniet die dogter van Yolanda Krugel, titelhouer van onder meer Modelcup 2013 (20 jaar en ouer), Model Woman/Model Man en South African Face of the Year 2013 en die gesogte Mrs Youth South Africa 2013 nie. Herculine het in Januarie besluit op modelwerk nadat sy gesien het hoe gelukkig haar ma op die loopplank is en het reeds in Junie vanjaar na ses maande die plaaslike Model Champion Limpopo-titel (12 tot 15 jaar) gewen. “Dit was ‘n groot oomblik en iets wat ek vir altyd sal koester.” Intussen het sy ook ‘n sesde plek tydens die Mr, Miss & Miss Look of the Year (12 tot 15 jaar) en ‘n sewende plek by die Mr & Miss Youth South Africa-kompetisie gekry. Dit is vir haar lekker om ‘n loopplank met haar ma te deel en wil hard werk om in haar ma, wat ook haar rolmodel is, se voetspore te volg. Haar passie is om die lewe van minderbe-voorregtes te help verbeter. “Dit breek my hart om straatkinders te sien bedel vir kos. Dit is mos nie hoe dit moet wees nie. Hulle moet ook die geleenthede kry wat ons het.” Herculine samel tans geld in om brood en melk by dié kinders af te gee. Die gedetermineerde graad 7-leerder van Pietersburg Laerskool se raad aan jongmense wat ‘n toekoms in modelwerk oorweeg, is om deur te druk en die kanse wat die lewe jou gee met albei hande aan te gryp. Haar visier is ook op die Mej Limpopo Tiener-titel, dan die Mej Limpopo-titel en dan haar groot droom, om Mej Suid-Afrika te wees. “Wie weet wat die toekoms vir my inhou. As my hart op die regte plek is en ek dit vir die regte rede doen, sal my drome waar word,” sê dié skoonheid met blink oë vol toekomsdrome.
Posted on: Mon, 12 Aug 2013 14:36:30 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015