Ons sien in Handl.14:19 dat die jode Paulus gestenig het omdat hy - TopicsExpress



          

Ons sien in Handl.14:19 dat die jode Paulus gestenig het omdat hy die evangelie verkondig het. Hulle het hom buite die stad gesleep en vir dood agter gelaat. Maar wat vir my mooi is, is in vers 20. Dit se nadat die dissipels hom omring het, het hy opgestaan. Ons moet bymekaar staan as die vyand teen ons in opstand kom. Mekaar ondersteun en bid vir mekaar. Paulus se woorde aan hulle was: ons sal deur baie verdrukking die koningkryk van God in gaan. Nie deur in jou gemak stoel te sit en klippe gooi nie of kerk banke warm sit en vinger swaaiend na ander te wys en oordeel nie, maar om op testaan en n verskil te maak. Al wat verkondig word is voorspoed en as n Kind van God aangeval word, is dit omdat hy die een of ander sonde gedoen het. As jy nie vervolging in jou lewe het nie, is jy nie besig met die dinge van God nie en loop en spook jy net rond. Geen vrug in jou tesien, want net dit wat jy saai sal jy maai. Geseende week.
Posted on: Mon, 09 Sep 2013 06:47:37 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015