The community is caught in the grip of fear, with crime rampant, - TopicsExpress



          

The community is caught in the grip of fear, with crime rampant, while the police continue to deny that it is out of control. Jana Boshoff | 8 January 2014 December, which is supposed to be a time of peace, has again degenerated into violence. A wave of violent crimes like hostage taking and attacks. Over the weekend there was an attempted hijacking in Protea Street, another man was hijacked on the corner of Cowen Ntuli- and Meyer Street. There was also an armed robbery at the Kranspoort town. A resident of Hendrina was brutally attacked Thursday morning in her home. Rika de Lange (67) was tied up and beaten several times with a hammer on the head and bitten. First aid workers and a doctor had tried to stop Mrs. Langes bleeding, while one of her fingers still lay on the ground beside her. According to Mr. Corrie Wolmarans, who provided medical assistance at the scene to her. She woke early in the morning to start baking. She lives alone and unlocked the back door so go out with her dogs. Her attacker had snuck in and waited for her in her room with a hammer. The tied her shoelaces together while he tortured her. Mrs. Lange had a deep cut behind her right ear, as well as a top of her head. It appears that her attacker had hit her with both blunt and sharp side of the hammer. During the struggle her fingers inadvertently went into his mouth, he bit off her middle finger above the first joint. Mrs. Lange also has serious injuries to her jaw. She told onlookers said the man tried to strangle her several times. She pleaded with him: Do not kill me! The man spoke fluent Afrikaans, had a light complexion, tall and athletic. Her attacker stole R5 000 that she had kept a can. Mrs. Lange managed to free herself and stumbled outside, where her neighbor, Dr. Mias Pretorius, saw her while tending to his pigeons. He alerted the security who again called medical assistance. Dr. Hannes Schutte, Corrie and Marlie Wolmarans, rushed to the scene to provide medical assistance. Members of the Radio Forum were also present. Mrs. Lange was taken by ambulance rushed to the hospital. She is being treated in Hydromed Trichardt Hospital. • The man had called at Mrs. Langes home in the last two weeks. He apparently was asking for food and later for work. Mrs. De Lange caught him a few days before crouched in the corner of the neighboring yard. He told her that he was hired to remove weeds. • Stirie Sckeurkogel (97) was attacked in July in his home in Hendrina. He was hit in the face with a shifting spanner, tied up and strangled. Neighbours frightened them away. A clothes iron was found plugged into the wall socket and switched on which indicated that they were going to torture mr. Skeurkogel even more. He is currently living with his daughter in Krugersdorp. His attackers are still at large. Torturing by clothes irons is a common method used by these savages. • Another elderly woman was attacked earlier this week in her home in Hendrina. She was taken to the hospital for treatment at Midmed. Further information does not exist at this time. • In the Groblersdal and Marble Hall areas there were several attacks this week. Stirie Sckeurkogel (97) was in July also attacked in his home in Hendrina. ============ Die gemeenskap is vasgevang in ‘n greep van vrees, met misdaad wat hoogty vier, terwyl die Polisie steeds ontken dat dit buite beheer is. Jana Boshoff | 8 December 2014 Desember, wat veronderstel is om ‘n tyd van rus en vrede te wees, het in ‘n monster van geweld ontaard. ‘n Vlaag geweldsmisdade hou inwoners gyselaar. Daar was oor die naweek ‘n poging tot kaping in Proteastraat, nog ‘n man is op die hoek van Cowen Ntuli- en Meyerstraat gekaap. Daar was ook ‘n gewapende roof by die Kranspoort dorp. ‘n Inwoner van Hendrina is Donderdagoggend wreed in haar huis aangeval. Rika de Lange (67) is vasgebind, verskeie kere met ‘n hamer oor die kop geslaan en gebyt. Noodhulpwerkers en ‘n dokter moes probeer om mev. De Lange se bloeding te stop, terwyl een van haar vingerpunte nog op die grond langs haar lê. Volgens mnr. Corrie Wolmarans, wat mediese hulp op die toneel verleen het, het mev. De Lange vroegoggend opgestaan om te begin bak. Sy bly alleen en het die agterdeur oopgesluit sodat haar honde kan uitgaan. Kort daarna het sy gaan ondersoek instel. Haar aanvaller het vermoedelik toe die huis binnegeglip en haar in haar slaapkamer met ‘n hamer in die hand ingewag. Die man het haar met skoenveters vasgebind en gemartel. Mev. De Lange het ‘n diep sny agter haar regteroor, asook een bo-op haar kop. Dit wil voorkom asof haar aanvaller haar met beide die stomp en skerp kant van die hamer geslaan het. Tydens die marteling het mev. De Lange se vingers in haar aanvaller se mond beland. Hy het haar middelste vinger aan haar regter hand morsaf gebyt, bokant die eerste lid. Haar wysvinger is ook raak gebyt. Mev. De Lange het ook ernstige beserings aan haar kakebeen opgedoen. Sy het aan omstanders gesê dat die man haar verskeie kere probeer verwurg het. Sy het by hom gepleit: “Jy moenie my dood maak nie!” Die man het vlot Afrikaans gepraat, was lig van gelaat, lank en atleties gebou. Haar aanvaller is fort met R5 000 wat sy in ‘n blikkie gebêre het. Mev. De Lange kon haarself loswikkel en na buite strompel, waar haar buurman, dr. Mias Pretorius, besig was om na sy duiwe om te sien. Hy het Vossie Sekuriteit ontbied, wat weer mediese bystand ingeroep het. Dr. Hannes Schutte, Corrie en Marlie Wolmarans, het hul na die toneel gehaas om mediese bystand te verleen. Lede van die radio forum was ook teenwoordig. Mev. De Lange is per ambulans na die hospitaal gehaas. Sy was teen die tyd wat die berig geskryf is in die Hydromed in Trichardt behandel. • Die man was verskeie kere by mev. De Lange se huis in die laaste twee weke. Hy het glo eers vir kos en later vir werk gevra. Mev. De Lange het hom ‘n paar dae gelede gebukkend in die hoek van haar buur erf aangetref. Hy het vir haar gesê dat hy gehuur is om bossies uit te trek. • Stirie Sckeurkogel (97) is in Julie in sy huis in Hendrina oorval. Hy is met ‘n skuifmoersleutel in die gesig geslaan en met verbande vasgebind en verwurg. Bure het vermoedelik rowers skrik op die lyf gejaag. ‘n Strykyster wat reeds in die muur ingeprop en aangeskakel is, het aangedui dat hulle mnr. Skeurkogel nog wou martel. Hy bly tans by sy dogter in Krugersdorp. Sy aanvallers is steeds op vrye voet. • Nog ‘n bejaarde vrou is vroeër die week in haar huis in Hendrina aangeval. Sy is na die Midmed Hospitaal gebring vir behandeling. Verdere inligting bestaan nie en daar is nie ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak nie. •In die Groblersdal en Marble Hall omgewing was daar ook die week verskeie aanvalle. Stirie Sckeurkogel (97) is in Julie ook in sy huis in Hendrina aangeval.
Posted on: Tue, 09 Dec 2014 14:21:02 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015