Tweehonderd vyf en vyftig mense is die naweek in Lenasia en Soweto - TopicsExpress



          

Tweehonderd vyf en vyftig mense is die naweek in Lenasia en Soweto suid van Johannesburg in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die polisie, Kay Makhubela sê klopjagte is onder meer in Lenasia, Lenasia-Suid, Dobsonville en Protea Glen uitgevoer. Verdagtes is in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met kapings, gewapende roof, verkragting, en die besit van gesteelde goedere en dwelms. Die verdagtes verskyn binnekort in die hof. RSG
Posted on: Sun, 14 Jul 2013 15:47:33 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015