U was met my, ook toe ek dit nie opgemerk het nie ... Nou dat ek - TopicsExpress



          

U was met my, ook toe ek dit nie opgemerk het nie ... Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag - Psalm 71:18 Here ons God, die pelgrimsreis het oor berge en deur dale, deur kruis en nood gegaan. U was met my, ook toe ek dit nie opgemerk het nie. U het die afgematte hart met u troos versterk. Daarom weet ek dat U my op die einde nie sal verlaat nie. Ek moet U alleen gelowig met beide hande vashou. Ek hoor goed wat u mond my beloof: Ek sal jou nie begewe nie — vrees daarom nie. Amen †† Bronne: ANV -1983 Abba Vader - Erdmann Neumeister
Posted on: Mon, 12 Aug 2013 18:47:58 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015