VERSKROEIDE AARDE Die wind waai sy weemoedslied om die hoeke van - TopicsExpress



          

VERSKROEIDE AARDE Die wind waai sy weemoedslied om die hoeke van my hart in die pyn van die oranje gloed aanskou my oë die diepste smart die tuiste van my vaders bars en kraak waar vlamme blaas rook styg op in ’n donker wolk waar ek staan, verstom, verdwaas die magtelose lyding stroom in riviere dwarsdeur my maar vuur van verterende haat sal nooit vatplek aan my kry al drink ek die bitter beker tot op sy bodem uit al sou die hel van hierdie dag sy kloue om my sluit sal my Boerehart bly streef en lank na my grouklipgraf sal my siel in Afrika voortleef... © C. Potgieter 2008-06-08
Posted on: Thu, 18 Jul 2013 05:21:50 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015