Vier vas na hulle glo ‘inbreker’ vermoor Vier mense is Sondag - TopicsExpress



          

Vier vas na hulle glo ‘inbreker’ vermoor Vier mense is Sondag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vermeende inbreker doodgemaak het. Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die liggaam van die 27-jarige vermeende inbreker is in ʼn drein gevind nadat hy glo by ʼn huis in die area probeer inbreek het. “Ons doen ʼn beroep op die publiek om enige kriminele aktiwiteite aan die polisie te rapporteer en toe te laat dat geregtigheid sy gang gaan.” Naicker sê die vier sal binnekort in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.
Posted on: Mon, 12 Aug 2013 06:17:18 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015