Vrede begin in jou hart en gees, as jy God toelaat om daar te - TopicsExpress



          

Vrede begin in jou hart en gees, as jy God toelaat om daar te wees; solank jy jou egter deur onrus laat bind, sal jy nooit in die Vader vrede kan vind. Ter wille van my broers en vriende wens ek jou vrede toe. Psalm 122:8 GEDAGTE: As jy God vandag nooi om in jou hart te woon, sal daar ook vrede in jou binneste wees. GEBED: Ons Vader in die hemel, maak my vandag bewus van my nietigheid, nie sodat ek myself sal bejammer nie, maar sodat ek beter sal besef hoe afhanklik ek van U is; nie om daaroor in wanhoop te verval nie, maar sodat ek my hoop sal vestig op die grootheid van U genade. Amen :) More({}) hoop jy gaan n lekker dagi he!
Posted on: Wed, 07 Aug 2013 04:01:24 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015