WAAR EN WANNEER Waar en wanneer het my moed my begewe, waar en - TopicsExpress



          

WAAR EN WANNEER Waar en wanneer het my moed my begewe, waar en wanneer het ek ophou met lewe? My hoop, my drome het in nagmerries verander, teen die rotste word ek vasgeslaan, negatiewe brander na brander. Ek roep om hulp, vou my toe in liefde se skulp. Ek wil weer hoop, droom en glo, ek het so verdwaal, ek kry nie my pad terug na Bo. Soveel trane, soveel smart, al wat oorgebly het, miljoene stukkies van my hart. Ek wonder is daar redding vir my, of gaan ek vir altyd in hierdie doolhof van niks bly? Die pyn en die seer hier, ek kan dit nie meer verduur. Here ek het U gefaal, wil U my nie maar kom haal? Estelle Els 31 Julie 2013
Posted on: Mon, 02 Sep 2013 09:46:07 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015