Wanneer jy gewig wil verloor moet jy meer energie gebruik as wat - TopicsExpress



          

Wanneer jy gewig wil verloor moet jy meer energie gebruik as wat jy insit! DIT beteken ‘n hoë metabolisme om kalorieë te verbrand! Ons is seker jy wat hier lees het ook vriende wat enige iets kan eet en geen gewig optel nie. Almal is egter nie SO gelukkig nie en daardie ekstra grondboontjie gaan reguit heupe toe. ‘n Hoë metabolisme weerhou die liggaam van gewigstoename oor ‘n tydperk. ‘n Vinnige metabolisme help om kalorieë te verbrand al rus die liggaam. Oor die algmeen raak die metabolisme of dan nou die Basale metaboliese tempo (BMT) stadiger soos ons nader aan 40 kom en dan nog stadiger daarna. Jou BMT is inner waarheid die kalorieë wat jy verbrand wanneer jy rustend is. Jou BMT word primêr geneties bepaal. Die Totale Energie Verbranding (TEV) moet konstant hoër wees oor verlengde periodes vir die resultate om op die skaal se naald te wys, of hoe minder sentimeters om jou middellyf sit. Indien jou BMT net matig verhoog kan dit die skaal se naald in die regte rigting laat beweeg. MAAR daar is wel HOOP! Daar IS maniere om jou BMT te verhoor en jou gewig te beheer: Eet kleiner maaltye, meer gereeld. Eet klein hoeveelhede kos met tussen poses van 3-4 uur, want dit help om die metabolisme aan die gang te hou. Langer tye van honger, of dan nou sonder kos laat jou liggaam dink daar gaan nie gou weer kos kom nie en ‘n verhonger meganisme tree in werking. Dit moedig die liggaam aan om kalorieë te stoor in plaas van om dit te verbrand. ‘n Mens is ook vatbaar om meer te eet wanneer jy lanklaas geëet het. ‘n Studie het bevind dat mense wat gedurig peusel geneig is om minder kalorieë in te neem deur die dag. Peusel met oorleg, ‘n pakkie “crinkle cut” tjips tel nie as ‘n goeie peuselhappie nie. Peusel aan popcorn, soutkoekies, provitas, vrugte of ‘n yoghurt. Volg ons Leefstyl Program! Die grootste fout wat mense maak is om op ‘n baie lae kalorie dieet te gaan wanneer hulle gewig wil verloor. Die liggaam het ‘n minimum voorraad energie nodig net om te oorleef. Wanneer jy die liggaam van hierdie energie ontneem raak die metabolisme stadiger om daarvoor op te maak. Jy saboteer SO jou gewigsverlies program! Nie net weerhou jy jou liggaam van noodsaaklike voeding nie, maar jy verseker ook vir jouself ‘n gesukkel om gewig te verloor in die toekoms. ‘n “Crash” (ongeluks) dieet is meestal van so ‘n aard dat dit sorg dat jy die verlore kilogramme weer optel. Om aan te hou met hierdie diëte op die lang duur veroorsaak dat dit al hoe moeiliker raak om gewig te verloor. Om DIE ongeluk se eina nog erger te maak, verbrand jou liggaam minder kalorieë! Die liggaam hou vas aan die vet wat dit bang is om te vinnig te verloor! Baie mens, vroue dalk meer as mans verkies om te “dieet” in plaas van om te oefen. Hierdie is ‘n fout van reuse-proporsies wanneer jy dink aan die langtermyn uiterwerking daarvan op jou liggaam. DIE WOORD “DIET” MOENIE SINONIEM WEES MET VERHONGER/STARVATION/HONGER LY NIE! Gfrag Produkte & Leefstyl program is ʼn gesonde eetplan wat jy vir die res van jou lewe kan volg. Die eetplan is genoegsaam om ‘n normale lewe te lei, te oefen en produktief te wees. Jy wil tog nie tot by die punt van honger elke dag leef en buierig wees as gevolg daarvan en dit net om die gewig weer op te tel nie? Eet meer proteïen! Om die ideale hoeveelheid proteïen in te neem is belangrik vir jou metabolisme om aan die gang te bly. Deur aanhoudend groot hoeveelhede verfynde koolhidrate in te neem maak jy jou metabolisme lui, en dit voeg ook kalorie by en word jou bloed suiker en insulien vlakke verhoog. Gebruik “maer” proteïen saam met elke maal. ‘n Goeie bron van proteïen sluit maer vleis/hoender, vis, lensies, eiers, lae vet suiwel produkte en neute in. Verhoog die intensiteit van jou oefenprogram? ‘n Strawwe kardio oefensessie, of nog beter, ‘n program met ‘n intense roetine wat kardio en gewig oefeninge insluit sal help om meer kalorieë te verbrand en jou BMT aan die gang te hou lank nadat jou oefensessie verby is. DIT word “after-burn” genoem. Indien jy gestap het vir jou kardio oefening, probeer om dit meer intens te doen. Hierdie verskaf nie net ‘n variëteit aan jou oefenprogram nie maar verbrand ook meer kalorieë gedurende en na jou oefening. Minder intense, lang oefensessies (long duration workouts) verbrand wel kalorieë maar nie soveel soos ʼn intense sessie nie. Soos jy fikser raak, hoe meer intens kan jy oefen en hoe beter resultate sal jy kry. Gewigsoefening (Weight Training) Gewigsoefening is die hoeksteen van ‘n verhoogte BMT. Deur spiere te bou gedurende gewigsoefeninge sal help om meer kalorieë te verbrand. ‘n Kilogram spier verbrand omtrent 14 kalorieë daagliks, en dieselfde hoeveelheid vet verbrand net 4 kalorieë. Nog ‘n rede om daardie gewigte op te tel. Moenie speel met ligte gewiggies nie, oefen hard en bou spier! As jy 12 repetisies met gemak kan doen, is die gewigte te lig. Verhoog die massa van die gewigte. Bly aktief gedurende die dag! Bly aktief, buig, strek = BEWEEG! ‘n Uur se oefening in ‘n gym is nie ‘n verskoning om nie te beweeg in die dag nie. Alle beweging help! Drink genoeg water! Water verhoog jou metabolisme! EN help om jou kos te verteer! Drink genoeg water gedurende die dag, moenie wag voor jy dors raak voor jy ‘n bottel water nader trek nie. 8 – 10 glase is die ideale hoeveelheid water om te drink, en drink nog meer indien jy aktief is en as die klimaat dit verlang.
Posted on: Fri, 30 Aug 2013 09:45:21 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015